Chantelle is 'n voorstad in Suid-Afrika, in die suidwestelike hoek van die hoofplek Akasia. Dit is noordwes van Pretoria in die Gauteng-provinsie geleë en is onder beheer van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Chantelle het ongeveer 4 461 inwoners tydens die 2011-sensus gehad.
Chantelle se suidegrens is Amandasig, langs die Britspad, en die noordegrens Eerstelaan naby die Platinumsnelweg. Oos van Chantelle lê Karenpark.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria