Rosslyn is 'n voorstad van Pretoria, deel van die Stad Tshwane-munisipaliteit in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.Googlekaart Die industriële gebied is veral bekend vir sy BMW-fabriek, wat in 1968 as die eerste BMW-aanleg buite Europa geopen het,Geskiedenis van die BMW-aanleg in Rosslyn sowel as die Nissan Suid-Afrika-fabriek, wat 'n wye verskeidenheid van sedanmotors, vragmotors, bakkies (LDV's, ligte afleweringsvoertuie) en viertrekvoertuie vervaardig.
Motorvervaardigingsaanlegte in Suid-Afrika dra oor die 6,2% tot die land se bruto binnelandse produk by.
duimnael|links|Hek no. 3 van Rosslyn se BMW-aanleg.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria