Gjoemri (Armeens: Գյումրի) is 'n stad in noordwestelike Armenië, sowat 126 km noord van die land se hoofstad, Jerewan. Die stad het meer as 150 duisend inwoners en is dus die tweede grootste nedersetting (naas Jerewan) in Armenië. Die stad is tussen 1837 en 1924 bekend as Aleksandropol en daarna as Leninakan. In 1990 is die stad weer na Gjoemri hernoem.

Verwysings

Eksterne skakels www.gyumricity.am – Die stad se amptelike webwerf http://travelgyumri.com/ - Inligting oor die stad

Kategorie:Nedersettings in Armenië