duimnael|Safair Lockheed L-100-30 Hercules duimnael|Safair L100-30 ZS-RSC staan op die "Deep Freeze" blad by Christchurch Internasionale Lughawe tussen missies na Zucchelli Stasie in Terra Nova-baai, Antarktika. Safair (IATA: FA, ICAO: SFR) is 'n lugvaartmaatskappy gebaseer op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Suid-Afrika http://www.safair.co.za/contact Dit bedryf een van die wêreld se grootste vlote van die burgerlike Lockheed L-100 Hercules vragvliegtuig, Flight International 2010 wêreldvliegtuigsensus besoek op 27 Augustus 2010 dit onderneem ook huurvlugte; doen vliegtuigverhuring en verkope; kontrakbedrywighede en verhuringsdienste; huur van vlugbemanning en opleiding; die instandhouding en modifikasie van vliegtuie; lugvaartveiligheid en mediese opleiding; en kan bedrywighede ondersteun. Flight International 12-18 April 2005
Vloot Teen Julie 2019 bestaan die vloot van Safair uit:"Our Fleet" - Safair besoek op 12 Desember 2019"ASL Aviation Group Signs Letter of Intent to Procure Lockheed Martin LM-100J Freighters" – CNN MONEY . besoek op 16 Julie 2014FlySafair se probleem-Boeing kry die groen lig. Besoek 2 Junie 2022
+ Safairvloot Vliegtuig In vlootBoeing 737-8007Boeing 737-40010Boeing 737-400 Combi1Lockheed L-100-30 Hercules6Totaal24
FlySafair
In 2013 het Safair 'n laekosteredery filiaal genaamd FlySafair begin, wat tans plaaslike passasiersdienste in Suid-Afrika bedryf.
Geskiedenis Safair is aanvanklik deur Safmarine in Maart 1969 as 'n lugredery gestig en het begin bedryf op 18 Maart 1970. Sy primêre kliënt in die 1980's was die Suid-Afrikaanse Weermag. Tot die 1990's bedien dit hoofsaaklik die streeks- en plaaslike lugvragmark. In 1991 word dit gediversifiseer tot instandhouding van vliegtuie en oornagkoerierdienste, maar gaan ook voort met verhurings. In 1998 koop dit 'n 49%-belang in "Air Contractors", gebaseer in Ierland, en is self deur "Imperial Holdings" vir VS$ 40 miljoen gekoop in Desember 1998. In Julie 1999 verkry Safair beheer oor "National Airways Corporation" en "Streamline Aviation" ('n huurvlug- en vliegtuigverkoopmaatskappy). Dit is 'n volfiliaal van "ASL Aviation Group Ltd" gebaseer in Dublin, Ierland, 'n filiaal van die Belgiese groep Compagnie Maritieme Belge .php/about/single/history Ons geskiedenis, ASL Aviation amptelike webwerf
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse lugrederye