Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe (IATA-kode: GBE, ICAO: FBSK), geleë 15 kilometer (9 myl) noord van Gaborone, is die internasionale lughawe van die hoofstad van Botswana. Die lughawe is vernoem na Sir Seretse Khama, die eerste president van Botswana. Dit is in 1984 geopen en bied goeie kapasiteit om streeks- en internasionale lugverkeer te hanteer en het die grootste passasiersbeweging in die land.

Klimaat Die gebied rondom Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe is byna volledig omring deur woonhuise. Die klimaat is oor die algemeen warm. Die gemiddelde temperatuur was 23 °C. Die warmste maande is November op 30 °C, en koudste Junie, met 14 °C. Die gemiddelde reënval is 460 millimeter per jaar. Die natste maand is Desember met 109 mm reën, en die droogste in Mei met slegs 2 mm.

Lugrederye en bestemmings duimnael|regs|'n South African Express Bombardier Dash 8-Q300 by Sir Seretse Khama Lughawe.

Air Botswana — Kaapstad, Francistown, Harare, Lanseria-lughawe, O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg, Kasane, Lusaka, Maun, Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi, Victoria-waterval Airlink — O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg Kenya Airways — Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi South African Express — O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg TAAG Angola Airlines — Luanda

Botswana Weermag se lugvleuel Die Botswana Weermag se "VIP Flight Wing" is by die lughawe gestasioneer.

Fotogalery

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Afrika Kategorie:Vervoer in Botswana