Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n geestesteuringNarcissistic personality disorder – Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings, 4de uitgawe, Amerikaanse Psigiatriese Vereniging (2000) wat gekenmerk word deur 'n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, 'n oorgroot behoefte aan bewondering en verminderde vlakke van empatie met ander. Dit is een van die subtipes van die breër kategorie wat as persoonlikheidsteurings bekend is. Dit is dikwels onderliggend aan ander geestesteurings en word verbind met aansienlike funksionele verswakking en 'n psigososiale gestremdheid.Die term is 1968 geskep; dit is voorheen megalomanie genoem.
Persoonlikheidsteurings is 'n klas geestesteurings wat gekenmerk word deur langdurige en onbuigsame, wanaangepaste patrone van gedrag, bewustheid en innerlike ondervindings wat op baie vlakke tot uiting kom en afwyk van dié wat deur enige kultuur aanvaar word. Dié afwykings ontwikkel teen die vroeë volwasse lewe en word verbind met aansienlike angs of verswakking. Dit is genoem na die mite van Narsissus in die Griekse mitologie wat verlief geraak het op sy eie spieëlbeeld in ’n waterpoel.
thumb|250px|links|Die DSM-5 en DSM-IV-TR Kriteria vir die diagnose van persoonlikheidsteurings word gelys in die Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) en in die Amerikaanse Sielkundevereniging se Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM).
Daar is geen standaardbehandeling vir NPS nie. Die steuring se hoë onderliggendheid aan ander geestesteurings beïnvloed behandelingskeuses en . Psigoterapeutiese behandelings val gewoonlik in twee kategorieë: psigodinamiese en kognitiewegedragsterapie, met al hoe groter steun vir 'n kombinasie daarvan in terapie. Daar is egter 'n feitlik algehele gebrek aan studies om die doeltreffendheid van die behandelings te bepaal. Die pasiënt se subjektiewe ervaring van die steuring en hulle vlak van betrokkenheid by die behandeling hang albei af van hulle motivering om te verander.
Tekens en simptome Ondanks uitwaartse tekens van spoggerigheid sukkel baie mense met NPS met simptome van intense skaamte, waardeloosheid en selfhaat. Hulle mening van hulleself is uiters buigsaam en hang af van ander se opinies van hulle. Hulle is ook hipersensitief vir kritiek en het 'n intense behoefte aan bewondering. Mense met NPS bou selfwaarde en deur dié bewondering.Perfectionism, Shame, and Aggression in Depressive Patients With Narcissistic Personality Disorder. Jane Fjermestad-Noll, Elsa Ronningstam, Bo S. Bach, Bent Rosenbaum, and Erik Simonsen, Journal of Personality Disorders 2020 34:Supplement, 25-41 Individue met NPS word dikwels gemotiveer om hulle doelwitte, status, verbeterings en perfeksionisme te bereik en verhoudings met ander of situasies te vermy weens vrese van ontoereikendheid, mislukking, minderwaardigheid, skande, vernededering en 'n verlies van beheer.
thumb|links|220px|Narsissus deur John Gibson in die Royal Academy of Arts. Mense met NPS sal probeer om hulle sosiale status en goedkeuring te verhoog in 'n poging om dié gevoelens te beveg, dikwels deur hulle vermoëns, prestasies en hulle vlak van intimiteit met mense wat hulle dink 'n hoë status het, te oordryf. Daarbenewens kan hulle wraakfantasieë en 'n sin van geregtigheid hê en nederigheid veins. Hulle is meer geneig as ander om plastiese snykunde te ondergaan vanweë 'n begeerte om aandag te trek en as mooi beskou te word. 'n Sin van persoonlike hoogwaardigheid kan daartoe lei dat hulle gesprekke oorheers, op ander neersien en ongeduldig en minagtend raak wanneer ander oor hulleself praat.
Pasiënte met NPS het 'n verswakte vermoë om gesigsuitdrukkings te herken of emosies na te boots, en 'n laer kapasiteit vir emosionele empatie en emosionele intelligensie. Dit is algemeen dat mense met NPS moeilike verhoudings het. Hulle het dalk geen respek vir ander se grense nie of hulle idealiseer en geringskat dit. Hulle hou mense gewoonlik emosioneel op 'n afstand en reageer met woede of vyandigheid op verwerping. Hulle kan ander wat nie met hulle saamstem nie, beledig, degradeer of die skuld op hulle plaas.
Hulle het gewoonlik 'n gebrek aan selfbewussyn, en dit sal vir hulle moeilik wees om hulle eie karaktertrekke en narsistiese neigings te verstaan – vanweë 'n geloof dat NPS-eienskappe nie op hulle van toepassing is nie of vanweë 'n weiering om sulke negatiewe karaktertrekke te erken in 'n poging om 'n positiewe selfbeeld te handhaaf. Dit kan vir narsiste moeilik wees om meer kante van 'n saak te sien en hulle kan dus swart-op-wit-sienings hê.Jauk E, Kanske P. [ Desondanks sal mense met DPS dikwels voel hulle het 'n vermoë om ander se gevoelens akkuraat te beoordeel.
Problematiese gebruik van sosiale media In April 2018 is in 'n ontleding in die Journal of Personality bevind die positiewe verband tussen spoggerige narsisme en die gebruik van sosiale netwerke op die internet word oor platforms herhaal (insluitende Facebook en Twitter). In Julie 2018 is in 'n ontleding wat in Psychology of Popular Media gepubliseer is, bevind spoggerige narsisme stem positief ooreen met tyd wat op sosiale media deurgebring word, die tempo van statusbywerkings, die getal vriende of volgelinge en die frekwensie van die plasing van digitale foto's.
In Maart 2020 het 'n ontleding in die Review of General Psychology 'n klein tot redelike verband gevind tussen sosialenetwerkgebruik en narsisme, en in Junie 2020 het Addictive Behaviors 'n oorsig gepubliseer waarin 'n positiewe, standhoudende en aansienlike verband gevind is tussen spoggerige narsisme en die problematiese gebuik van sosiale media.
Diagnose Volgens die DSM-5 "toon baie hoogs suksesvolle individue persoonlikheidstrekke wat as narsisties beskou kan word". Net wanneer dié persoonlikheidstrekke onbuigsaam, wanaangepas en volhardend is en aansienlike funksionele verswakking en subjektiewe angs veroorsaak, is dit 'n persoonlikheidsteuring." Vanweë die goeie sosiale omgang van narsiste, beskou sommige mense met NPS nie die diagnose as 'n funksionele verswakking in hulle lewe nie.
Hoewel 'n oormaat selfvertroue maak dat baie mense met NPS uiters ambisieus is, lei dit nie noodwendig tot professionele sukses nie, omdat hulle weier om risiko's te neem sodat hulle mislukking of die skyn van mislukking kan vermy. Verder maak die sielkundige onvermoë om meningsverskille, weerspreking en kritiek te hanteer, dit vir mense met NPS moeilik om saam met ander te werk of verhoudings oor lang termyn vol te hou.
DSM-5 thumb|240px|Teaterargitektuur van Pompeji met Narsissus in die geel blok en Eros wat by hom staan. Museo Archeologico Nazionale. Die DMS-5 beskryf NPS as die besit van minstens vyf van die volgende nege kriteria:
'n Oordrewe sin van selfbelangrikheid (hulle oordryf hulle suksesse en talente, en verwag om as meerderwaardig beskou te word sonder ooreenkomstige prestasies) Preokkupasie met fantasieë oor onbeperkte sukses, mag, briljantheid, skoonheid of die ideale liefde 'n Geloof dat hulle "spesiaal" en uniek is en dat hulle net verstaan kan word, of verbind moet word, met ander spesiale individue en mense (of instellings) met 'n hoë status 'n Behoefte aan 'n oormaat bewondering 'n Sin van geregtigheid (soos onredelike verwagtings van spesiale behandeling) Die misbruik van ander vir hulle doeleindes 'n Gebrek aan empatie ('n onbereidwilligheid om ander se gevoelens te erken of in ag te neem) 'n Jaloesie op ander of 'n geloof dat ander hulle beny Arrogante, hovaardige gedrag of houdings
In die DSM-5 is NPS 'n bondel B-persoonlikheidsteuring. Sulke mense kom dikwels dramaties, emosioneel of onsamehangend voor. Narsismesteuring is 'n geestelike toestand wat gekenmerk word deur 'n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, 'n oormatige honger na bewondering en 'n verminderde vermoë om meegevoel met ander te hê.
'n Diagnose van NPS moet, nes met ander persoonlikheidsteurings, deur 'n gekwalifiseerde gesondheidswerker in 'n kliniese onderhoud gedoen word.
Narsistiese persoonlikheidsteuring ontstaan gewoonlik in die jeug of op 'n vroeë ouderdom. Ware simptome van NPS is konstant en sigbaar in 'n verskeidenheid sosiale situasies. Erge simptome kan die persoon se vermoëns om betekenisvolle verhoudings, soos vriendskap en 'n huwelik, aan te knoop kwaai verswak. Gewoonlik verswak dit ook die persoon se sielkundige vermoëns om sosiaal te verkeer, óf by die werk óf in 'n belangrike sosiale opset. Volgens die DSM-5 moet iemand se persoonlikheidstrekke aansienlik van die sosiale norm afwyk om as simptomaties van NPS te kwalifiseer.
ICD-11 In die ICD-11 van die Wêreldgesondheidsorganisasie word alle persoonlikheidsteurings onder een titel, "persoonlikheidsteuring", gediagnoseer. Die kriteria vir diagnose is hoofsaaklik die asessering van disfunksie, angs en wanaangepaste gedrag. Sodra 'n diagnose gemaak is, kan die kliniese werker die spesifieke oorsake van die disfunksie volgens vyf persoonliheidsdomeine bepaal, want dit het groot implikasies vir toekomstige behandeling.
NPS, soos dit tans beskou word, sal min of meer ooreenstem met dissosialiteit, wat insluit selfgesentreerdheid (oordrywing, aandagsoekery en geregtigheid) en 'n gebrek aan empatie (gevoelloosheid, roekeloosheid, manipulasie en vyandigheid).
Oorsake Die oorsaak van narsistiese persoonlikheidsteuring is onduidelik, maar daar is aanduidings dat dit biologies of geneties kan wees. Navorsing het bevind daar is 'n sterk oorerflike komponent. Dit is onduidelik of, en hoeveel, 'n persoon se opvoeding bydra tot die ontwikkeling van die steuring, hoewel baie spekulatiewe teorieë al geopper is.
Bewyse vir sosiale faktore in die ontwikkeling van NPS is beperk. Sommige studies het bevind dit hou verband met permissiewe en oormatige opvoeding deur ouers, terwyl ander 'n verband gevind het met kwaai dissipline, verwaarlosing of mishandeling. Bevindings is teenstrydig en wetenskaplikes weet nie of die bevindings toevallig is nie, want dié studies maak nie voorsiening vir genetiese strengeling nie.
Die sielkundige Svenn Torgersen beskryf die probleem met genetiese strengeling (waar valse assosiasies veroorsaak kan word) in 'n oorsig van 2009:
Studies met tweelinge het wetenskaplikes 'n blik gegee op die invloed van gene en die omgewing, veral hoeveel van die variasie in 'n persoonlikheidstrek toegeskryf word aan die "gedeelde omgewing" (invloede wat die tweeling deel, soos ouers en opvoeding) of die "ongedeelde omgewing" (verskillende siekte wat hulle gehad het, verskille in breingroei en sosiale of niesosiale ondervindings wat net een van hulle ervaar het). Volgens 'n oorsig van 2018 is in tweelingstudies oor NPS bevind daar is min of geen invloed van die gedeelde omgwing nie, en 'n groot invloed van gene en niegedeelde ervarings.
Volgens die neurogenetikus Kevin Mitchell dui 'n gebrek aan invloed van die gedeelde omgewing dat die niegedeelde omgewing grootliks niesosiaal is en miskien innerlike prosesse soos verskille in breingroei weerspieël.
Bestuur Die behandeling van NPS is hoofsaaklik psigoterapeuties; daar is geen duidelike bewyse dat psigofarmakologiese behandeling doeltreffend is nie, hoewel dit nuttig kan wees in die behandeling van onderliggende steurings. Psigoterapeutiese behandeling val in twee algemene kategorieë: psigoanalise/psigodinamies en kognitiewe gedrag. Psigoanalitiese terapieë sluit in skema-, oordraggefokusde en metakognitiewe terapie. Kognitiewegedragsterapieë sluit in dialektiesegedragsterapie. Formate sluit ook paartjies- en groepsterapie in. Die spesifieke behandeling hang van persoon tot persoon af.