Juan Carlos I was van 1975 tot 2014 die koning van Spanje. Hy kry sy name van sy vader (Juan de Borbón), sy oupa (Alfonso XIII) en sy moeder se vader (Prins Carlo van die Twee Sisiliës).
Hy word veral onthou vir sy rol in Spanje se oorgang van 'n diktatorskap na 'n demokrasie nadat Francisco Franco in 1975 oorlede is. Hy het ook sterk opgetree om 'n militêre staatsgreep in 1981 te voorkom. In 2008 is hy aangewys as die gewildste leier in hele Ibero-Amerika. Voor sy abdikasie het sy gewildheid egter ná 'n reeks koninklike flaters begin afneem. Hy het onder andere in 2012 olifante in Botswana tydens Spanje se finansiële krisis gaan jag.Koning Juan Carlos van Spanje gaan na byna 40 jaar abdikeer , besoek op 18 Junie 2014
Hy abdikeer op 76-jarige ouderdom, na bykans 40 jaar op die troon ten gunste van sy seun Felipe de Borbon.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Spaanse konings Kategorie:Lewende mense