Die Arkansasrivier (Engels: Arkansas River) is 'n groot oos-vloeiende rivier in Noord-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 'n 2 364 km, ontspring in die Sawatch Range in die Rotsgebergte in Colorado. Dit is een van die grootste sytakke van die Mississippirivier en die sesde grootste rivier in die Verenigde State.
Die Arkansasrivier loop deur die suid-westelike Amerikaanse deelstate Colorado, Kansas, Oklahoma en Arkansas asook deur die volgende stede: Little Rock, Pueblo, Wichita en Tulsa. Die grootste sytak van die Arkansasrivier is die Canadian rivier.
Die rivier het vanaf die Adams-Onís-Verdrag in 1821 tot die Anneksasie van die Republiek van Texas in 1845 of die Verdrag van Guadalupe Hidalgo in 1848 tussen sy boloop en die 100ste Breedtegraad die grens tussen Meksiko en die Verenigde State gevorm.
Naamvariasies duimnael|links|Die Arkansasrivier naby Leadville, Colorado duimnael|links|Die Arkansasrivier in Little Rock, Arkansas Die rivier het verskeie naamvariasies:
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Arkansas Kategorie:Colorado Kategorie:Kansas Kategorie:Oklahoma Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika