ICD-10 Hoofstuk V omvat gedrags- en geestesteurings, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme.WGO, Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme, 10de hers. uitg. vir 2007 Die hoofstuk omvat die kodes F00 tot F99.

In teenstelling met ander hoofstukke van die ICD-10, word die definisies van elke groep steurings van hoofstuk V uitgebrei beskryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, sodat geen onsekerheid kan bestaan oor die presiese kode wat aan die spesifieke geestesteuring toegeken moet word nie.

F00-F09 Organies, insluitend simptomatiese, psigiese steurings F10-F19 Psigiese en gedragsteurings weens die gebruik van psigoaktiewe middels F20-F29 Skisofrenie, skisotipiese steurings en waansteurings F30-F39 Gemoedsteurings F40-F48 Neurotiese, stresverwante en somatoforme steurings F50-F59 Gedragsteurings wat saamgaan met liggaamlike simptome en steurings F60-F69 Persoonlikheids- en gedragsteurings op volwasse leeftyd F70-F79 Swaksinnigheid F80-F89 Steurings in psigiese ontwikkeling F90-F98 Gedrags- en emosionele steurings wat deurgaans op kinderleeftyd of adolessensie begin F99-F99 Psigiese steurings wat nie andersins omskryf word nie

Verwysings

Kategorie:Geestesteurings 05