Alfred Bitini Xuma, algemeen bekend volgens sy voorletters as AB Xuma, (8 Maart 1893, Transkei - 27 Januarie 1962) was 'n Suid-Afrikaanse leier, aktivis en van 1940 tot 1949 president-generaal van die African National Congress (ANC). Hy was 'n lid van die African American gestigte Alpha Phi Alpha-broederskap.
Hy was die eerste swart Suid-Afrikaner wat 'n mediese dokter geword het.
Lewe Hoewel hy op die linkervleuel van die ANC was, is Xuma tydens sy leierskap as te konserwatief beskou deur 'n toenemend ongeduldige en aktivistiese jeug, wat hy op sy beurt met agterdog bejeën het. Sy briewe aan kollegas is blykbaar vol vyandige verwysings na kommuniste. As sodanig is hy wyd as uit voeling met die behoeftes en eise op voetsoolvlak beskou.http://www.anc.org.za/show.php?id=161
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1893 Kategorie:Sterftes in 1962 Kategorie:Xhosas