duimnael|links|'n vroeë ontwerp vir die Panamakanaal (bo) en die Nicaraguakanaal (onder) omstreeks 1890 Die Nicaraguameer of Cocibolca of Granada (Spaans: Lago de Nicaragua, Lago Cocibolca, Mar Dulce, Gran Lago, Gran Lago Dulce of Lago de Granada) is die grootste meer in Sentraal-Amerika en is in die suidweste van Nicaragua net noord van die grens tot Costa Rica geleë. Met 'n oppervlakte van 8 264 km² is dit die derde grootste meer in Latyns-Amerika ná die Maracaibomeer en die Titicacameer. In die noordooste van die Nicaraguameer is die hoofstad van Nicaragua, Managua, geleë.
Die Nicaraguameer is deur die Río Tipitapa met die Managuameer verbind en deur die Río San Juan met die Karibiese See. Net oos van die meer is die kus van die Stille Oseaan geleë. Daar is herhaaldelik oorweeg om die Karibiese See langs die Río San Juan en die Nicaraguameer met die Stille Oseaan te verbind. Die projek staan as die Nicaraguakanaal bekend en sal in direkte kompetisie met die Panamakanaal wees.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Nicaragua Kategorie:Mere in Noord-Amerika