Pietersielie (Petroselinum crispum) is 'n spesie van die genus Petroselinum in die familie Apiaceae, inheems aan die sentrale Middellandse Seestreek, Algerië, Griekeland, Marokko, (die suide van Italië en Tunisië). Dit het egter dwarsoor die wêreld gevestig en word wyd verbou as 'n krui, spesery en as groente.
Waar dit as 'n tweejarige plant gekweek word, vorm dit in die eerste jaar reeds 'n roset van drieledige blaarstele 10-25 cm lank, met talle liggroen blaartjies 1-3 cm groot en 'n penwortel wat deur die winter as 'n voedselstoor funksioneer.
Pietersielie word algemeen gebruik in Midde-Oosterse, Europese en Amerikaanse kookkuns. Krullerige blaarpietersielie word dikwels as 'n versiering langs hoofgeregte gerangskik. In Sentraal- en Oos-Europa en die weste van Asië, word baie geregte bedien met vars gekapte pietersielie bo-oor gesprinkel. Wortelpietersielie is baie algemeen in die Sentrale en Oostelike Europese kookkuns, waar dit gebruik word as 'n versnapering of 'n groente in meeste soppe, bredies asook rys.
Beskrywing Tuinpietersielie is 'n heldergroen, tweejarige plant in gematigde klimaat, of 'n eenjarige kruid in subtropiese en tropiese gebiede.
Galery
Sien ook Taboelie
Notas
Kategorie:Kruie Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Griekeland Kategorie:Flora van Italië Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Tunisië