Frederick Gordon (Fred) Brownell (8 Maart 1940 – 10 Mei 2019) was 'n Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog. Hy het onder andere die vlae van Namibië en Suid-Afrika ontwerp, asook heraldiese advies aan die ontwerper van die vlag van Lesotho verleen. Hy is in 2000 met die Orde vir Voortreflike Diens bekroon.
Brownell het in 1977 as assistent-staatsheraldikus by die Buro vir Heraldiek begin werk. In 1982 is hy tot Staatsheraldikus bevorder. Hy het in 2002 van die staatsdiens afgetree.
Hy het verskeie wapens en vlae ontwerp, insluitende die wapen en vlag van Namibië in 1990. In 1994 ontwerp hy die nuwe Suid-Afrikaanse vlag, met 'n konvergerende kruis wat die samesnoering van verskillende kulture in een toekomstige Suid-Afrika simboliseer. Hy het later ook die wapens vir die nuwe provinsiale regerings ontwerp en het talle artikels en boeke oor heraldiek en vlae gepubliseer.
Publikasies Brownell, F.G. (1956) The Seeds of Tomorrow: Celebrating One Hundred Years of Service to Commercial Growers and Home Gardeners, 1856–1956 Brownell, F.G. (1985) British Immigration to South Africa, 1946–1970 Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse wapenboek Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse Wapenboek: 801 – 1200 Brownell, F.G. (1993) Nasionale en provinsiale simbole en flora en fauna-embleme van die Republiek van Suid-Afrika Brownell, F.G. (1993) National and Provincial Symbols and flora and fauna emblems of the Republic of South Africa Brownell, F.G. (1995) National Symbols of the Republic of South Africa Brownell, F.G. (2002) Heraldry of the Church of the Province of Southern Africa
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Genealoë Kategorie:Heraldikusse Kategorie:Suid-Afrikaanse heraldiek Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 2019