duimnael|links|200px|Nkosazana Dlamini-Zuma in 2009 Nkosazana Clarice Dlamini-Zuma (gebore 27 Januarie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse afgetrede politikus en 'n voormalige aktivis teen apartheid. Sy was Suid-Afrika se Minister van Gesondheid van 1994 tot 1999, onder president Nelson Mandela, daarna die Minister van Buitelandse Sake vanaf 17 Junie 1999 tot 10 Mei 2009, onder presidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe. Sy is op 10 Mei 2009 as die Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van president Jacob Zuma, haar gewese man, aangestel. Sy het dié posisie tot haar bedanking op 2 Oktober 2012 beklee.

Op 15 Julie 2012 is Dlamini-Zuma tot voorsitter van die Afrika-unie verkies. Sy word dus die eerste vrou om die organisasie (insluitend sy voorganger, die Organisasie vir Afrika-eenheid) te lei.African Union chooses first female leader, The Guardian 16 Julie 2012. Sy het van 15 Oktober 2012 tot 30 Januarie 2017 gedien, en is deur Moussa Faki opgevolg. Haar ampstermyn in dié pos was ook omstrede.

Tydens president Cyril Ramaphosa se tweede termyn was sy vir 16 maande lank ook minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede.

Onder president Cyril Ramaphosa het sy as Minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering gedien, met verantwoordelikheid vir die Nasionale Beplanningskommissie, voordat sy Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede geword het, in welke hoedanigheid sy 'n prominente en omstrede rol in die regulering van Suid-Afrika se inperking tydens die COVID-19-pandemie gehad het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van buitelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse geneeskundiges Kategorie:Zoeloes