Baleka Mbete (gebore 24 September 1949), is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 21 Mei 2014 as Speaker van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Sy was van 2008 tot 2009 die Adjunkpresident van Suid-Afrika. In 2007 is sy as die nasionale voorsitter van die African National Congress verkies en sy is in 2012 tot die posisie herverkies. Sy het hierdie amp tot op 18 Desember 2017 beklee en is deur Gwede Mantashe opgevolg.
Omstredenheid duimnael|links|Baleka Mbete ontmoet pres. Wladimir Poetin in 2006 gedurende sy besoek aan Suid-Afrika. In April 1997 kom dit aan die lig dat Mbete 'n onbehoorlik-uitgereikte rybewys bekom het, maar is nie van enige oortreding aangekla nie.Accountable to Themselves: Predominance in Southern Africa. Kenneth Good. The Journal of Modern African Studies, Vol. 35, No. 4 (Des., 1997), bl. 547–573. Dit volg nadat ondersoekbeamptes korrupsie in Mpumalanga se plaaslike toetssentrums ontbloot het, waar lisensies in ruil vir omkoopgeld uitgereik is. Mbete het gesê dat sy "te besig" was om in toue te staan.
In 2007 het Mbete die DA-lid Mike Waters geskors omdat hy probeer vra het wat aan die skandaal rondom Manto Tshabalala-Msimang gedoen word. Waters wou navraag doen oor die Minister van Gesondheid se beweerde skuldigbevinding aan diefstal terwyl sy 'n verpleegster in Botswana was.
Mbete was by die Travelgate-skandaal betrokke waartydens meer as 200 Suid-Afrikaanse parlementslede hulle gesubsidieerde reisvoordele misbruik het. Volgens berigte het sy die geld terugbetaal.
In 2006 huur Mbete 'n vliegtuig teen 'n koste van R471 900 (sowat VS$60 000) na Liberië vir die inhuldiging van pres. Ellen Johnson Sirleaf. Die enigste ander passasier op die vliegtuig was 'n lid van haar personeel. Thabo Mbeki en die buitelandse sake-minister Nkosazana Dlamini-Zuma is ook na die inhuldiging – Mbeki in sy privaatvliegtuig en Dlamini-Zuma per kommersiële vlug.
Sy is 'n stoere ondersteuner van Tony Yengeni, 'n voormalige ANC-hoofsweep in die parlement, wat aan bedrog skuldig bevind is. Na sy vonnisoplegging het Mbete selfs Yengeni na die Pollsmoor-gevangenis vergesel.
Mbete is later weer vir omkopery ondersoek. Ondersoekbeamptes van die aandelebeurs in die Verenigde State van Amerika glo dat die R25 miljoen aandeel wat sy na die toekenning van 'n lisensie aan die Goldfields mynmaatskappy ontvang het, omkoopgeld was.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Adjunkpresidente van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika