Dorothea Maria (Marietjie) Viljoen (née Brink; 1917 - 2005) was die eggenote van staatspresident Marais Viljoen en was gevolglik vanaf 4 Junie 1979 tot 3 September 1984 die eerste dame van Suid-Afrika.
Dorothea Maria Brink is op 17 September 1917 in Potchefstroom gebore. Sy word later 'n musiekonderwyseres en hulle trou op 20 April 1940. Een dogter, Elna Meyers is uit die huwelik gebore.
Sy is op Woensdag, 5 Oktober 2005 na 'n kort siekbed in die Meulmed-hospitaal in Pretoria oorlede. Sy was 88 jaar oud en is deur haar man, haar dogter, Elna, en 'n kleinseun, Viljoen oorleef.
Met haar afsterwe het pres. Thabo Mbeki die volgende verklaring uitgereik: "Namens die mense en regering van Suid-Afrika word ons innige meegevoel betuig met die Viljoen-familie met die verlies van hul ma en ouma."Oud-presidentsvrou ná siekte oorlede, Beeld, 7 Oktober 2005
Verwysings
Kategorie:Eerste Dames van Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 2005