George Walton Lucas jr. (geb. 14 Mei 1944) is ’n Amerikaanse rolprentregisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger en entrepreneur. Hy het Lucasfilm gestig en was voorsitter van die maatskappy voordat hy dit op 30 Oktober 2012 aan die Walt Disney Company verkoop het.Breaking News: Disney Acquires Lucasfilm for $4.05 Billion – STAR WARS: Episode 7 in 2015! Hy is die bekendste as skepper van die Star Wars- en die Indiana Jones-reeks. Lucas is een van die Amerikaanse rolprentbedryf se finansieel suksesvolste rolprentvervaardigers en is vir vier Oscars benoem.
Verwysings
Eksterne skakels George Lucas-biografie by Lucasfilm.com
Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Star Wars Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers