Swazilink is 'n beplande spoorlyn tussen Suid-Afrika en Eswatini, wat die vragkapasiteit tussen die twee lande met 15 miljoen ton sal vermeerder.
Roete duimnael|Swazilink roetekaartDik rooi lyn: Spoorlyn in diensDun rooi lyn: Bestaande spoorlyn buite diens Die hoofspoorlyn sal oor 146 km vanaf Lothair in Mpumalanga tot by die Sidvokodvo-aansluiting in Eswatini strek. Dit behoort die druk op die Richardsbaailyn te verminder, deur die verwydering van algemene spoorvragverkeer. Dus sal meer steenkooluitvoertreine die hoofroete in Suid-Afrika kan gebruik en sal dit ook die volume van steenkool wat per pad vervoer word, verminder. Daar is ook planne vir die aansluiting van 600 km se spoorweë, en die roete pas in met verskeie ander Transnet-infrastruktuurprojekte wat op steenkoolvervoer fokus. Dit sal ook verdere ontwikkeling toelaat van die spoorlyn wat steenkool uit die Waterberg-steenkoolveld sal dra via Ermelo na Richardsbaai; die Waterberg-steenkoolveld het Suid-Afrika se grootste onontginde steenkoolreserwes.
Projek
Die projek het reeds amptelik in Januarie 2012 begin en die koste sal na verwagting tussen R15 miljard en R17 miljard beloop, met die Suid-Afrikaanse regering se aandeel tot R12 miljard. Die Swazi-regering het voorgestel dat "PPP"-finansiering gebruik word, of 'n ander bron van eksterne finansiering. Die Lothair-Sidvokodvo-lyn self kos R7.3 miljard, en 'n verdere R8.6 miljard sal bestee moet word aan die koppeling van die spoorweë.
Die verwagting is dat die eerste treine in 2015 of 2016 deur Swazilink sal begin loop.
Transnet sal 43 nuwe General Electric diesel-elektriese lokomotiewe aankoop vir gebruik op die lyn.
Sien ook Eswatini-spoorweë
Verwysings
Kategorie:Geografie van Eswatini Kategorie:Spoorlyne in Suid-Afrika