C.P. Hoogenhout-prys word sedert 1960 ter erkenning aan die beste oorspronklike Afrikaanse jeugboeke vir kinders tussen sewe en elf toegeken. Vroeërjare is die prys jaarliks toegeken, maar sedert 1982 word dit net elke twee jaar toegeken. Die prys is vernoem na die skrywer C.P. Hoogenhout.

Wenners Voormalige wenners is:Du Plessis, Miemie. "Bekronings en toekennings vir Afrikaanse kinder- en jeugboeke" in Snyman, Maritha and Wÿbenga, Gretel. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: LAPA Uitgewers. 2005. 1960 - W.O. Kühne (Huppel verjaar) 1961 - Alba Bouwer (Katrientjie van Keerweder) 1962 - Nie toegeken nie 1963 - F. du Plessis (outeur) en Katrine Harries (illustreerder) (Rympieboek vir kleuters) 1964 - Freda Linde (Snoet-alleen) 1965 - Nie toegeken nie 1966 - Günther Komnick (illustreerder) (vir Botter-aas geskryf deur Freda Linde) 1967 - Günther Komnick (illustreerder) (vir Die stadsmusikante geskryf deur Freda Linde) 1968 - Pieter W. Grobbelaar (outeur) en Katrine Harries (illustreerder) (Die mooiste Afrikaanse sprokies) 1969 - Nie toegeken nie 1970 - Nie toegeken nie 1971 - Alba Bouwer ('n Hennetjie met kuikens) 1972 - Nie toegeken nie 1973 - Freda Linde (Jos en Klos) 1974 - Freda Linde (By die oog van die fontein) 1975 - Nie toegeken nie 1976 - Rona Rupert (Wat maak jy, Hektor?) 1977 - Freda Linde (Die kokkewiet en sy vrou) 1978 - Nie toegeken nie 1979 - Hester Heese (Sêra Madêra) 1980 - Nie toegeken nie 1980 - Nie toegeken nie 1981 - Nie toegeken nie 1982-1983 - Alba Bouwer (Vlieg, swaeltjie, vlieg) 1984-1985 - Tafelberg Uitgewers (Goue lint, my storie begint) 1986-1987 - Nie toegeken nie 1988-1989 - Nie toegeken nie 1990-1991 - Barrie Hough (Droomwa) 1992-1993 - Nie toegeken nie 1994-1995 - Martie Preller (Anderkantland) 1996-1997 - Janie Oosthuysen (Ouma Hester en die Dreadnought Merk III, Juffrou Luisenbosch en die breinwassers) 1998-1999 - Verna Vels (Liewe Heksie en die rekenaar) 2000-2001 - Nie toegeken nie 2002-2003 - Nie toegeken nie 2004-2005 - Leon de Villiers (Droomoog Diepgrawer) 2006-2007 - Jaco Jacobs (Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies)

Notas

Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings