Louis le Grange (gebore 16 Augustus 1928, Ladybrand; † 25 Oktober 1991, Potchefstroom) was 'n prokureur, Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die Nasionale Party.

Politieke loopbaan Le Grange word in 1966 tot die Parlement verkies vir die kiesafdeling Potchefstroom (1966-1991). Hy sluit by die kabinet aan in 1975, as adjunkminister van Inligting (1975–1978), Binnelandse Sake en Immigrasie (1975-1978), asook Openbare Werke (1978) tydens die bewind van John Vorster. Later word hy bevorder tot Minister van Toerisme en Openbare Werke (1978–1979), Gevangenisse (1979–1980), Polisie (1979–1982) en Wet en Orde (1982–1986) in die verskeie kabinette van Eerste Minister PW Botha.

Hierna val die eer hom te beurt om as Speaker van die Parlement op te tree (1987–1991).

Hy is aan 'n hartaanval oorlede in Potchefstroom, in die ouderdom van 64. 'n Hoofstraat wat noordwaarts uit Potchefstroom loop is na hom vernoem.

Verwysings Beeld koerant, 28 Oktober 1991, getiteld: "Louis le Grange het gesterf soos hy geleef het tussen vriende"

Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van korrektiewe dienste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van openbare werke Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van polisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake Kategorie:Lede van die parlement van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Adjunk-ministers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1991 Kategorie:Afrikaners