Die Wit-Nyl (Arabies: النيل الأبيض, an nīl al 'abyaḍ) is die grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Blou-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Weens sy lengte, meer as twee keer dié van die Blou-Nyl, word die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou, terwyl die Blou-Nyl as die Nylrivier se grootste sytak beskou word.
duimnael|links|Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem duimnael|links|Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem Die twee bronriviere van die Wit-Nyl ontspring in die gebergtes van Burundi en Rwanda net oos van die grens tot die Demokratiese Republiek van die Kongo. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting en mond naby die grens tussen Tanzanië en Uganda in die Victoriameer uit. Naby Jinja verlaat die Wit-Nyl, nou Victoria-Nyl genoem, die Victoriameer en vloei in 'n noordelike rigting deur die Kyogameer. Die rivier, hier Kyoga-Nyl genoem, vloei in 'n noordoostelike rigting en mond in die Albertmeer uit. Aansluitend vloei die Albert-Nyl in 'n noordelike rigting en kruis die grens tot Suid-Soedan, waar die rivier deur dié land se hoofstad, Joeba, vloei. Hier staan die rivier as Berg-Nyl (Arabies: بحر الجبل, Baḥr al-Jabal of Baḥr el-Jebel; letterlik "Bergrivier" of "Rivier van die Berg") bekend en vorm die Sudd, een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste binnedelta in Afrika. T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291 Die Wit-Nyl vloei verder in 'n noordelike rigting en bereik die grens van Soedan, waar dit Bahr al-Abiad genoem word. "Nile" in die Encyclopædia Britannica, 11th ed., Vol. 19. 1911. In dié land se hoofstad, Khartoem, vloei die Wit-Nyl en die Blou-Nyl saam en die hoofloop van die Nylrivier ontstaan.
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Burundi Kategorie:Riviere in Kenia Kategorie:Riviere in Rwanda Kategorie:Riviere in Soedan Kategorie:Riviere in Suid-Soedan Kategorie:Riviere in Tanzanië Kategorie:Riviere in Uganda Kategorie:Koesj