Oupa Mohoje (*3 Augustus 1990, QwaQwa) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die as slot/flank in die Pro14reeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks speel.

Loopbaan Mohoje het tydens die 2007-akademieweek asook die onder-18 Cravenweek in 2008 vir die Vrystaat uitgedraf. Hy het daarna ook vir die Vrystaatse onder-21-span gespeel in 2010 en 2011.

Hy het sy eersterangse debuut gemaak toe hy as leenspeler vir die Griffons in die Eerste Afdeling van die 2012 Curriebekerreeks gespeel het teen die Grens Bulldogs. Hy het in 2013 teruggekeer en vir die Cheetahs in die Vodacombeker gespeel.

Gedurende sy tyd by die Vrystaat Cheetahs het hy in 2011, 2012 en 2013 vir die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat gespeel in die Varsitybekerreeks. In 2013 is hy aangewys as speler van die toernooi.

Mohoje is in 2014 beloon met ’n plek in die vergrote Springbokgroep vir ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n Wêreld XV en drie toetse teen Wallis en Skotland. Op 28 Junie 2014 het Mohoje sy Springbokbuiging teen Skotland in Port Elizabeth gemaak.

Verwysings

Eksterne skakels

itsrugby.co.uk-profiel

Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Lewende mense