Vleuels. (No.'s 11 & 14, plaasvervanger no. 23) duimnael|Die Nieu-Seelandse vleuel Jonah Lomu word deur baie as die bepalende speler van die professionele rugby-era beskou
Soos die naam aandui, ouens wat kon vlieg. Resiesperde. Hande was ietwat onbetroubaar, maar as hulle die bal kon vashou, het hulle die opponente met brute vaart geklop. Deesdae heelwat stadiger, maar baie veilig onder die hoë bal, sodat hulle die heelagter kan uithelp. Die vermoë om drieë te druk is heeltemal oorbodig, aangesien die senters losskrums in die middelveld afdwing, vanwaar die slotte gaan druk.
Plaasvervanging Onder deesdae se plaasvervangerreëls, word die no. 11 of no. 14 vervang deur no. 23 vanaf die plaasvervangerbank. Dit kan enige tyd gedurende die wedstryd gebeur, bv. as gevolg van 'n besering, maar meestal is dit 'n taktiese verandering tussen die 50ste en 75ste minuut van die wedstryd.
Noemenswaardige vleuels 'n Paar bekende vleuels (almal Springbokke) ter illustrasie: Jannie Engelbrecht Syd Nomis Bryan Habana Ruan Combrinck Cornal Hendricks Jongi Nokwe
Kategorie:Rugby
en:Rugby union positions#Wing