Lugmagbasis Waterkloof (IATA-kode: WKF; ICAO: FAWK) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag geleë in die buitewyke van Pretoria, en is die SALM se besigste lughawe. Dit lê 8 km noordoos van Centurion, Gauteng en 6.2 km van Lugmagbasis Swartkop, op 'n hoogte van 1 506 meter (4 940 voet) bo seevlak.
Die basis se slagspreuk is Acquirit Qui Tuetur (Hy wat verdedig, bekom).
Tuiste van lugmageenhede 17 Eskader - Helikopters 21 Eskader - BBP-vervoer 28 Eskader - Medium vervoer 41 Eskader - Ligte vervoer 44 Eskader - Ligte vervoer 60 Eskader - Invlugbrandstofhervul, vervoer, EW/ELINT/AEW 104 Eskader - Ligte vervoer (siviele personeel en vliegtuie) 111 Eskader - Ligte vervoer (reserwe) 140 Eskader - Ligte vervoer (reserwe) 504 Eskader - Sekuriteit 1 Lugonderhoudseenheid - Onderhoudsondersteuning 5 Lugonderhoudseenheid - Onderhoudsondersteuning Sentrale Fotografiese Instituut Gesamentlike Lugverkenning Intelligensiesentrum (JARICJoint Air Reconnaissance Intelligence Centre) Mobiele ontplooiingsvleuel - Noodreaksie SALM Telekommunikasiesentrum - Kommunikasie Ditholo Opleidingsgebied by Walmansthal
Geskiedenis Die basis is amptelik op 1 Augustus 1938 geopen as Waterkloof Lugmagstasie. Dit is opgegradeer tot 'n operasionele lugmagbasis gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
Navigasiehulp Ongerigte radiobaken - WL315.0 "VHF alomgerigte bestek" - WKV116.9 Toring - 124.1
Verwysings
Eksterne skakels Lugmagbasis Waterkloof
Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse Lugmag