200px François-René de Chateaubriand
Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige
Gebore 4 September 1768 in Saint-Malo, Bretagne, Frankryk
Oorlede 4 Julie 1848 in Parys, Frankryk
Literêre stroming Romantiek
Bekende werke AtalaGénie du christianismeRenéMémoires d'Outre-Tombe François-René, vicomte de Chateaubriand ([fʁɑ̃swa ʁəne də ʃatobʁijɑ̃]; * 4 September 1768, † 4 Julie 1848) was 'n Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige. Chateaubriand, wat in 'n ou adellike familie uit Bretagne gebore is, word as die grondlegger van die Romantiek in die Franse literatuur en as een van die voorste 19de eeuse skrywers in Frankryk beskou. Baie van sy romans en verhale speel in Noord-Amerika af en beeld die lewe en lotgevalle van Indiane uit, soos byvoorbeeld René, 'n werk wat deur Johann Wolfgang von Goethe se Die Leiden des jungen Werthers geïnspireer is.Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 297
Chateaubriand was 'n oortuigde monargis wat in 'n tyd, toe baie intellektueles hulle van die kerk afgewend het, met sy Génie du christianisme ("Die gees van die christendom", 1802) 'n werk geskryf het waarin hy die Rooms-Katolieke geloof verdedig. Vandag word sy outobiografiese Mémoires d'outre tombe ("Lewensherinneringe van anderkant die graf"), wat tussen 1848 en 1850 postuum gepubliseer is, egter as sy belangrikste werk beskou.
Verwysings
Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Franse politici Kategorie:Geboortes in 1768 Kategorie:Sterftes in 1848