Frederick Augustus Thesiger (31 Mei 1827 – 9 April 1905) was die 2de Baron van Chelmsford en 'n Britse soldaat. Op sewentienjarige ouderdom sluit hy aan by die Britse Leër. Later in sy loopbaan voer hy bevel oor die Britse troepe aan die Kaap en ook in die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy ly 'n verpletterende neerlaag tydens die Slag van Isandlwana en word deur lord Wolseley vervang. Ten spyte van 'n oorwinning tydens die Slag van Ulundi en ander plekke keer hy terug na Engeland. Hy is in 1905 op 77-jarige ouderdom oorlede.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Britse adel Kategorie:Britse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Anglo-Zoeloe-oorlog Kategorie:Geboortes in 1827 Kategorie:Sterftes in 1905