Lugmagbasis Makhado (ICAO: FALM) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag en die verste noord in Suid-Afrika, net suid van die grens met Zimbabwe..Dit is ongeveer 12 km suidwes van Louis Trichardt geleë

Dit is die modernste basis van die lugmag en staan nie-amptelik bekend as Fighter Town, RSA. Die basis se leuse is Castrum Borealis (Fort van die Noorde).

Tuiste van eenhede 2 Eskader SALM (gevegseskader) 85 Vlieggevegskool, SALM 102 Eskader - Ligte vervoer (reserwemag) 515 Eskader, SALM - Sekerheidsdienste 3 Lugonderhoudseenheid - Onderhoudsdienste

Geskiedenis Die basis is op 14 Oktober 1987 geopen as LMB Louis Trichardt, maar na 'n naamsverandering op 7 November 2003 is dit hernoem na die nabygeleë dorp Makhado (Louis Trichardt).

Eksterne skakels Amptelike webblad

Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse Lugmag