Dine van Zyl is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer, uitgewer en vryskutjoernalis. Van Zyl het verskeie boeke, veral kookboeke geskryf. Haar artikels is in 'n wye spektrum van Afrikaanse koerante en tydskrifte gepubliseer. Sy was ook die aanbieder van die TV-reeks "Boerekos met Dine van Zyl" op KykNET.
Biografie Dine van Zyl is in 1953 op Robertson gebore. Haar pa was Pon van Zyl, 'n wynmaker en die eerste bestuurder van die Robertson Koöperatiewe Wynmakery. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Robertson en behaal 'n B.A.-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het ook 'n Diploma in Verkoopsbestuur van die Kamer van Koophandel.
Van Zyl woon tans in Rooiels in die Overstrand en is met die verkoelingsingenieur, Graham McCleland getroud.
Publikasies Nie-fiksie Prof. C.J. Theron – Pionier van ons Wynbou (1982). Saayman en Weber Afval en Afvalligheidjies (1983). Saayman en Weber. Herdruk 2011 Potjiekos (1983). Saayman en Weber The Potjiekos Cookbook (1984). Saayman en Weber Boerekos (1985). Human & Rousseau The Woman’s Value Book on Traditional South-African Food (1985). Human & Rousseau Agter die Lekker aan (2007). Dine van Zyl Publikasies Nog 'n stukkie (2010). Dine van Zyl Publikasies Die Groot Boerekosboek (2012). Dine van Zyl Publikasies; The Great Boerekos Book (2012). Dine van Zyl Publikasies Die groot Boerekosboek 2 (2013). Dine van Zyl Publikasies; The great Boerekosboek 2 (2013). Dine van Zyl Publikasies;
Fiksie Annerkant-die-berg (1998). Tafelberg Uitgewers Slagoffers (2001). Tafelberg Uitgewers
Toekennings Toekennings vir publikasies 2001: W.A. Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse letterkundige werk. 2002: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugène Maraisprys vir Literatuur 2003: Spesiale vermelding: Noma-toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit). 2005: Finalis – Mondi Joernalis van die Jaar-prys. 2006: Twee nominasies as Mondi Joernalis van die Jaar. 2008: Gourmand Best Cookbook in the World (Agter die lekker aan) 2013: Suid-Afrikaanse wenner: Gourmand Best Cookbook in the World (Die Groot Boerekosboek)
Toekennings vir radiowerk 1985: Artes vir beste programmaker 1986: Akademie vir Wetenskap en Kuns: SAUK-prys vir Afrikaanse Hoorbeelde.
Toekennings vir televisiewerk 2013: ATKV Mediaveertjie vir beste televisie aanbieder in ‘n lewenstyl- of kosprogram.
Ander toekennings 2013: Eretoekenning van die VLV van die Kaapland Sirkel Overberg vir bydrae tot die Overbergse en Strandveldse Koskultuur. 2013: Een van 20 mees uitsonderlike vroue in Suid-Afrika: ATKV
Verwysings
Eksterne skakels Van Zyl se webtuiste
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1953