200px Else Lasker-Schüler
Duits-Joodse digteres en toneelskryfster
Gebore 11 Februarie 1869 in Elberfeld, Noord-Duitse Bond
Oorlede 22 Januarie 1945 in Jerusalem, Palestynse Mandaatsgebied
Literêre stroming ModernismeEkspressionisme
Bekende werke Styx (1902) Der siebente Tag (1905) Meine Wunder (1911) Hebräische Balladen (1913) Gesammelte Gedichte (1917) Mein blaues Klavier (1943)
Else Lasker-Schüler (eintlik Elisabeth Lasker-Schüler; * 11 Februarie 1869 in Elberfeld, tans Wuppertal; † 22 Januarie 1945 in Jerusalem) was 'n beduidende Duits-Joodse digteres en toneelskryfster. Lasker-Schüler, wat onder meer met die Boheemse leefstyl verbind word wat sy in Berlyn gevolg het, was een van die belangrikste verteenwoordigers van avantgardistiese modernisme en ekspressionisme in die Duitse literatuur, alhoewel haar literêre werk in baie opsigte uniek was en onder meer ook neoromantiese tendense getoon het.Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 124
Naas haar liriek en toneelkuns het sy ook bekendheid as tekenkunstenares verwerf en sommige van haar digbundels self van illustrasies voorsien.
Ná die bewindsoorname van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (NSdAP) in die Duitse Ryk het Lasker-Schüler aanvanklik na Zürich geëmigreer, maar haar aansoek om 'n werkpermit in Switserland is geweier. Nadat sy reeds in 1934 'n besoek aan Palestina gebring het, het Lasker-Schüler haar in 1937 in Jerusalem gevestig waar sy tot met haar afsterwe in 1945 gebly het. Sy is op die Olyfberg ter ruste gelê.
Verwysings
Kategorie:Duitse digters Kategorie:Geboortes in 1869 Kategorie:Sterftes in 1945