Vir die wettige pous met dieselfde naam sien Pous Gregorius VI

Gregorius VIGregory (VI). (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia BritannicaMann, H. (1909). Gregory VI (Antipope). In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 22, 2014 from New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/06791b.htm was ‘n teenpous van Mei 1012 tot 25 Desember van dieselfde jaar.

Biografie Toe Pous Sergius IV op 12 Mei 1012 sterwe, het die spanning tussen die adellik geslagte in Rome weer opgelaai. Die Crescentius en die Tusculum families het al twee hulle eie pous benoem. Gregorius was die kandidaat van Crescentius en Theophylactus was die kandidaat van Tusculum. Theophylactus het die naam Benedictus aangeneem.

Hoewel Gregorius die eerste was om die pousskap op te eis het Benedictus die amp verkry en is Gregorius uit Rome verban. Gregorius gaan toe steun soek by die Duitse keiser Hendrik II. Die keiser het egter die pouslike insignia by hom gevat en hom aangesê om nie meer aanspraak te maak op die pousskap nie. Gregorius het toe van die toneel verdwyn, hoewel dit bekend is dat hy nog gelewe het in 1018.

Verwysings

Gregorius VI