duimnael|300px|Clyde Barrow en Bonnie Parker
Bonnie en Clyde was twee Amerikaanse misdadigers wat in die 1930's wêreldberoemd geraak het. Hulle is op 23 Mei 1934 deur die polisie in 'n lokval gelei en in Black Lake, Louisiana doodgeskiet. Hulle lewensverhaal is in 1967 in die rolprent "Bonnie and Clyde" (met hoofrolle deur Faye Dunaway en Warren Beatty) op die silwerdoek verewig.
Die bende het bestaan uit Bonnie Elizabeth Parker (1 Oktober 1910 - 23 Mei 1934) en Clyde Barrow Chestnut (24 Maart 1909 - 23 Mei 1934), beide van die Dallas-omgewing. Hulle het van 1932 tot 1934, tydens die hoogtepunt van die Groot Depressie, deur die sentrale Verenigde State gereis terwyl hulle besighede beroof en karre gesteel het.
Clyde is vandag bekend vir sy bankrowe. Hy het egter verkies om klein winkels en landelike petrolstasies te roof. Daar word vermoed dat die paartjie ten minste nege polisiebeamptes en verskeie burgerlikes doodgemaak het. Hulle is uiteindelik deur 'n vriend verraai en toe deur die polisie geskiet.Hinton, Ted and Larry Grove (1979). Ambush: The Real Story of Bonnie and Clyde. Austin, TX: Shoal Creek Publishers. .
'n Gedenkteken is op die plek waar hulle doodgeskiet is opgerig. In Januarie 2012 is 'n masjiengeweer en 'n enkelloopjaggeweer wat aan hulle behoort het opgeveil. Die polisie het beslag gelê op die wapens by hul skuilplek in Joplin (Missouri). Dit het $210 000 op die veiling behaal.Bonnie en Clyde-wapens opgeveil, Die Burger, 16 Februarie 2012http://www.auctionbymayo.com/index.php?subp=1&sct=&pg=ap&pid=23883
Verwysings
Eksterne skakels Die amptelike storie op FBI.gov Bonnie en Clyde op Crimelibrary.com
Kategorie:Sterftes in 1934 Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Amerikaanse kriminele Kategorie:Amerikaanse moordenaars Kategorie:Bendes