duimnael|links|Vlag van die Bikini-atol duimnael|links|Kaart van die Bikini-atol vanuit Schutzgebiet der Marshall Inseln, gepubliseer in 1897. duimnael|links|Inwoners word op 7 Maart 1946 van die atol verwyder.

Die Bikini-ringeiland is 'n onbewoonde atol of ringeiland in die Stille Oseaan, waar die VSA vroeërjare kernwapens getoets het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die atol van 2,32 vierkante kilometer is deel van die Marshalleilande in Mikronesië. Dit bestaan uit 36 eilandjies rondom 'n strandmeer (lagune) van 594,2 vierkante kilometer.

Tussen 1946 en 1958 het die Verenigde State eksperimente met atoomwapens hier uitgevoer. Sedert Julie 1946 is meer as 20 waterstof- en atoombomme oor die atol getoets. In 1956 is die Bikini-atol amper totaal deur die eerste lugontploffing van 'n waterstofbom (genaamd Castle Bravo) uitgewis.

Voor hierdie toetse is die plaaslike bevolking na die Rongerik-atol verskuif. Teen die einde van die 1960's en begin van die 1970's keer van die oorspronklike bewoners terug, maar is later weer as gevolg van die hoë radioaktiwiteit verwyder. Die eiland is in 2010 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied verklaar, hoofsaaklik omdat dit as toetsgebied vir kernwapens gebruik is.

Die gelyknamige swemdrag vir vroue, die moderne bikini is in 1946 deur 'n Franse ingenieur Louis Réard ontwerp. Hy het dit na die Bikini-atol vernoem waar kerntoetse in Julie van dieselfde jaar begin is.

Geografie Bikini bestaan uit 36 eilande:

Sien ook Bikini, swemdrag vir vroue.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike UNESCO bladsy Argieffilm oor die eerste ontploffing bokant Bikini (1946) as deel van Operation Crossroads Dokumentêr Radio Bikini (1987, Robert Stone) oor die atoomproewe bokant Bikini, met argiefmateriaal

Kategorie:Atolle Kategorie:Geografie van die Marshalleilande Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Oseanië