Die Swakoprivier (Nama: Tsoaxaub ) is 'n rivier in Namibië. DIe rivier is 400 km lank en mond by Swakopmund uit. Dit ontspring oos van Damarahoogland in die distrik Waterberg en is nie standhoudend nie. Water kan verkry word deur in die rivierbedding te grawe.

In 1907 is die gebied tussen die Swakoprivier en die Kuiseb-rivier deur die destydse Duitse koloniale administrasie as 'n wildspark verklaar. Die gebied is tans deel van die Namib-Naukluft Nasionale Park.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Namibië Kategorie:Swakopmund