Die Shangani-patrollie het bekendheid verwerf toe dit na heftige verset deur die Matabeles uitgewis is tydens die Eerste Matabele-oorlog by die Shanganirivier op 4 Desember 1893. 'n Patrollie, onder leiding van majoor Allan Wilson het die Matabelekoning, Lobengoela probeer opspoor. Tydens hul terugtog het die Shanganirivier afgekom en was hulle vasgekeer. Hulle word deur 'n groot Matabelemag aangeval. Die patrollie veg totdat hulle uit ammunisie raak en staan op en sing God save the Queen tot die laaste man sneuwel. Drie manne oorleef die aanval nadat hulle gestuur was om versterkings te vind. Die res is tydelik in Zimbabwe begrawe en is later ter ruste gelê by World's View in die Matopos waar hulle heldedaad met 'n monument herdenk word.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967

Kategorie:Geskiedenis van Zimbabwe Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Veldslae