Bezuidenhoutspas is 'n bergpas in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika op die pad tussen Harrismith en Bergville.

Die pas is tussen die Van Reenen- en Oliviershoekpas geleë. Dit is 'n grondpad wat ongeveer 1 km buite Harrismith begin en in Bergville eindig. Omdat die pas afgeleë is en selde gebruik word, word 'n 4x4 aanbeveel, maar voertuie met goeie grondvryhoogte kan dit ook gebruik. Die pad bied 'n besondere uitsig oor die streek.

Nabygeleë plekke: Nondela, Skoenkop, Dumbe (5 km oos), Beauchef (6km oos), Tintwa (7 km noordwes), Kerkenberg (8 km noordoos), Steps Pass (8 km suidoos), Tshenilempisi (9 km oos) en Tintwapas (10 km noord).

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal