Mswati III (op 19 April 1968 in Manzini gebore as prins Makhosetive Dlamini) is die heersende koning (Swazi: Ingwenyama) van Eswatini (voorheen Swaziland) en hoof van die Swazi- koninklike familie. Hy is die seun van koning Sobhuza II en een van sy jonger vroue, Ntfombi Tfwala. Mswati is Tfwala se enigste kind.

duimnael|links|upright|Mswati III in seremoniële kleredrag, Julie 2011 duimnael|links|upright|Mswati III tydens 'n besoek aan Washington, D.C. in 2009 Hy was op laerskool aan die Laerskool Masundvwini en op hoërskool aan die Lozitha-paleisskool. Hy het daarna, tussen 1983 en 1986, die Sherborne-skool bygewoon in die noordweste van Dorset, Engeland. Makhosetive is as Mswati III, Ingwenyama en koning van Swaziland gekroon op 25 April 1986 op die ouderdom van 18. Daarmee het hy die jongste regerende monarg ter wêreld geword. Hy regeer oor die land as 'n absolute monarg.

Mswati III is bekend vir sy beoefening van poligamie (hoewel minstens twee vroue deur die staat aangestel is) en het tans 15 vroue. Sy beleid en weelderige lewenstyl het reeds binnelandse protes veroorsaak, en word internasionaal gekritiseer.

Op 19 April 2018, met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die koning se 50ste verjaardag, het Mswati aangekondig dat sy land se naam verander na Eswatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.

Via sy suster Shiyiwe Mantfombi Dlamini Zulu (1953–2021), die hoofvrou van die oorlede Zoeloekoning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, is Mswati III die oom van die huidige Zoeloekoning Misuzulu Zulu.

Titels en style 19 April 1968 – 25 April 1986: Sy Koninklike Hoogheid prins Makhosetive Dlamini van Eswatini. 25 April 1986 – hede: Sy Majesteit, Ingwenyama van Eswatini.

Eerbewyse Nasionaal duimnael|Koninklike vlag van Eswatini : Grand Master of the Royal Order of King Sobhuza II (1986). : Grand Master of the Royal Order of the Great She-Elephant (2002). : Grand Master of the Royal Order of the Crown (2002). : Grand Master of the Royal Family Order of Mswati III (2002). : Grand Master of the Military Order of Swaziland (2002). : Grand Master of the Order of the Elephant (2018).

Internasionaal : Knight of the Venerable Order of St John (November 1991). : Knight Grand Cross of the Order of Good Hope (Augustus 1995). 1995 National Orders Awards

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Swazikonings Kategorie:Lewende mense