Letsie III (gebore as David Mohato Bereng Seeiso op 17 Julie 1963 in Morija) is die huidige koning van Lesotho (Suid-Sotho: motlotlehi). Hy het sy vader, Mosjesj II, opgevolg, nadat dié in 1990 in ballingskap gedwing is. Die bewind van sy vader is later vir 'n kort rukkie herstel, maar toe hy in 1996 in 'n motorongeluk sterf, het Letsie weer koning geword. Aangesien Lesotho 'n grondwetlike monargie is, is die meeste van koning Letsie se pligte as die koning van Lesotho seremonieel van aard.

duimnael|links|Koninklike vlag van Lesotho Hy het sy skoolopleiding in die Verenigde Koninkryk aan die Ampleforth College voltooi. Daarna het hy aan die Nasionale Universiteit van Lesotho gestudeer waar hy met 'n BA in regte gegradueer het. Hy het daarna aan die Universiteit van Bristol, die Universiteit van Cambridge en die Universiteit van Londen studeer. Hy het sy studies in 1989 voltooi, waarna hy na Lesotho teruggekeer het.

Huwelik en kinders Uit koning Letsie se huwelik in 2000 met Karabo Motšoeneng is twee dogters en 'n seun gebore: Prinses Mary Senate Mohato Seeiso, gebore op 7 Oktober 2001. Prinses 'M'aSeeiso, gebore op 20 November 2004. Prins Lerotholi David Mohato Bereng Seeiso, gebore op 18 April 2007.

Eerbewyse Nasionaal : Grand Master of the Most Dignified Order of Moshoeshoe. : Grand Master of the Most Courteous Order of Lesotho. : Grand Master of the Most Meritorious Order of Mohlomi. : Grand Master of the Most Loyal Order of Ramatseatsane. : Outstanding Service Medal.

Internasionaal : 20px|raam Bailiff Knight Grand Cross of Justice of the Two Sicilian Royal Sacred Military Constantinian Order of Saint George (8 Oktober 2013).

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lesothokonings Kategorie:Lewende mense