Hippolitus van Rome was vanaf 217 die eerste teenpous en ook die enigste teenpous wat as heilige vereer word.
Biografie HippolitusHippolytus of Rome, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Kirsch, J.P. (1910). St. Hippolytus of Rome. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 25 April 2014 by New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/07360c.htm was van af 192 priester in Rome. As leerling van Irenaeus was hy 'n belangrike kerkleraar. Hy verset hom teen die pouse van sy tyd veral oor die leer van die Drie-Eenheid. Toe Pous Callixtus in 217 die straf vir “seksuele sondes” 'n boete maak, laat Hippolitus hom deur sy volgelinge as pous uitroep. Ontug was volgens Hippolitus 'n doodsonde. Dit was die begin van die skisma van Hippolitus.
Ongeveer in 235 word Hippolitus saam met Pous Pontianus deur keiser Maximinus Thrax na Sardinië verban. Daar is Hippolitus met Pontianus versoen en sterf beide. In 236 is beide na Rome oorgebring en as martelaars begrawe in die katakombe van Callixtus. In 'n ander verhaal was Hippolitus 'n veldheer van keiser Vespasianus wat die Christene vervolg het. Toe die keiser hoor Hippolitus behoort tot die Christene het die keiser Hippolitus se liggaam deur perde uitmekaar laat skeur. Dit is nie duidelik of dit oor dieselfde persoon gaan nie.
Hippolitus het baie geskrywe onder andere kommentare op Daniël en Openbaring. Hy skryf ook 'n dogmatiese werk ‘’De Antichristo’’ en bestry die gnostici in sy werk ‘’Syntagma’’. 'n Groot deel van sy werk is pas aan die einde van die 19de eeu herontdek en bestaan slegs in Ou-Slawiese vertalings.
Verering Hippolitus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk met sy feesdag op 13 Augustus en ook in die Oosters-Ortodokse Kerk met die feesdag op 30 Januarie.
Hy is ook die patroonheilige van die Nederlandse stad Delft en die Oostenrykse stede St. Pölten en Zell am See.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Teenpouse Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Geboortes in 170 Kategorie:Sterftes in 235