Die Bellrivier is 'n rivier in Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die suidelike Drakensberge suid van Lesotho by en vloei suidweswaarts, verby die dorpie Rhodes tot by die samevloei met die Sterkspruit naby Moshesh's Ford by . Hiervandaan staan die rivier bekend as die Kraairivier, wat deur diep klowe weswaarts kronkel verby die dorp Barkly-Oos, totdat dit in die Oranjerivier se linkeroewer invloei by Aliwal-Noord.
Hengelvis wat in die rivier en sy bolope voorkom is reënboogforel en grootbek-geelvis.
Sytak Kloppershoekspruit; monding= op 1920 m; oorsprong= op 2700 m (teen Lesothogrens)
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Eksterne skakel Google-kaart van die Bellrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Kraairiviersytakke Kategorie:Riviere in Oos-Kaap