Carcharodontosauridae (van die Grieks vir "haaitand-akkedisse") was ’n groep vleisvretende teropode-dinosourusse. Dit sluit van die grootste landroofdiere in wat nog geleef het: Giganotosaurus, Mapusaurus, Carcharodontosaurus en Tyrannotitan was almal net so groot of groter as Tyrannosaurus.

Evolusie Saam met die Spinosauridae was die karcharodontosourides in die Vroeë en Middel-Kryt die grootste roofdiere van Gondwana, met spesies wat ook in Noord-Amerika en Asië voorgekom het.Brusatte, S., Benson, R., Chure, D., Xu, X., Sullivan, C., and Hone, D. (2009). "The first definitive carcharodontosaurid (Dinosauria: Theropoda) from Asia and the delayed ascent of tyrannosaurids." Naturwissenschaften, Hul ouderdomme wissel van die Barremium- (127-121 miljoen jaar gelede) tot die Turonium-tydsnede (93-89 miljoen jaar gelede). Ná die Turonium is hulle moontlik vervang deur die kleiner abelisourides in Gondwana en deur die tirannosourides in Noord-Amerika en Asië. Dit lyk of die vervanging van dié diere, asook spinosourides en ander soorte, wêreldwyd plaasgevind het.Novas, de Valais, Vickers-Rich, and Rich. (2005). "A large Cretaceous theropod from Patagonia, Argentina, and the evolution of carcharodontosaurids." Naturwissenschaften, ’n Paar tande uit die laat Maastricht en ander stukke uit die Campanium-Maastricht-grens in Brasilië lyk egter of dit aan karcharodontosourides behoort, wat aandui dat hulle minstens tot aan die einde van die Kryt oorleef het.

Verwysings

Kategorie:Theropoda