Troodontidae was ’n familie voëlagtige teropode-dinosourusse. Tydens die grootste deel van die 20ste eeu was fossiele skaars en hulle is dus van tyd tot tyd met verskillende dinosourus-linies verbind. Meer onlangse fossielvondste van volledige voorbeelde (van hulle met vere, eiers en embrio's wat behoue gebly het) het wetenskaplikes baie gehelp om meer oor die groep te wete te kom. Anatomiese ontledings het getoon daar is groot ooreenkomste tussen hulle en die familie Dromaeosauridae, en dat hulle verwant is en ’n klade vorm met die naam Paraves.

Hulle was klein tot mediumgrootte geveerde karnivore; die kleinste was Anchiornis, wat ook die kleinste bekende nie-vlieënde dinosourus was.

Klassifikasie Taksonomie Familie Troodontidae ?Anchiornis ?Archaeornithoides Borogovia Byronosaurus ?Eosinopteryx Geminiraptor Gobivenator ?Koparion Linhevenator Mei Pectinodon Philovenator Saurornithoides Sinornithoides Sinusonasus Sinovenator Talos Tochisaurus Urbacodon ?Xiaotingia Xixiasaurus Zanabazar Subfamilie Jinfengopteryginae Jinfengopteryx IGM 100/1323 IGM 100/1126 ?Subfamilie Elopteryginae ?Elopteryx Subfamilie Troodontinae Troodon Onbeskryfde/naamlose voorbeelde IGM 100/44 ("EK troodontid") WDC DML 001 ("Lori") Twyfelagtig, moontlik Troodontidae Paronychodon Euronychodon Richardoestesia

Kategorie:Theropoda