Oviraptorosauria ("eierdief-akkedisse") was ’n groep geveerde Maniraptora-dinosourusse uit die Kryt-periode in wat nou Asië en Noord-Amerika is. Hulle het kenmerkende kort, papegaai-agtige skedels met snawels gehad, met of sonder benerige kamme op die kop. Hulle het gewissel van die grootte van ’n kalkoen tot 8 meter lank en met ’n gewig van 1,4 ton (soos die Gigantoraptor).Xu, X., Tan, Q., Wang, J., Zhao, X., and Tan, L. (2007). "A gigantic bird-like dinosaur from the Late Cretaceous of China." Nature, 447: 844-847. Hulle en ander Maniraptora-dinosourusse is na verwant aan voëls. Sekere wetenskapliks meen hulle was inderdaad primitiewe, nie-vlieënde voëls.Osmólska, Halszka, Currie, Philip J., Brasbold, Rinchen (2004) "The Dinosauria" Weishampel, Dodson, Osmólska. "Chapter 8 Oviraptorosauria" University of California Press.
Aanvanklik is geglo hulle het eiers gesteel om te eet (vandaar die naam), maar dié teorie geld nie meer nie. Die meeste volledige Oviraptorosauria-fossiele is in Asië ontdek. In Noord-Amerika is hulle dun gesaai.Varricchio, D. J. 2001. Late Cretaceous oviraptorosaur (Theropoda) dinosaurs from Montana. pp. 42–57 in D. H. Tanke en K. Carpenter (reds.), Mesozoic Vertebrate Life. Indiana University Press, Indianapolis, Indiana.
Verwysings
Kategorie:Theropoda