Die Klasiesriviergrotte is ’n paar grotte oos van die Klasiesriviermond in die distrik Humansdorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. In die drie hoofgrotte en twee beskutte areas aan die voet van ’n hoë krans is bewyse ontdek dat dit sowat 125 000 jaar gelede tydens die Middel-Steentydperk bewoon was.
Van 1960 af het Ronald Singer, Ray Inskeep, John Wymer, Hilary Deacon, Richard Klein en ander beweer die fossiele bevat van die vroegste bekende oorblyfsels van die moderne mens. Verdere ondersoeke het egter getoon dié fossiele val "buite die omvang van moderne variasie".
Bewyse is gevind dat skulpvis gevang en plante, wortels en blomme vir kos versamel is, asook van die maak van steenartefakte. Daar is ook tekens van die algemene organisering van die gemeenskap, die braai van vleis oor vuurKlasies River Caves by K. Kris Hirst . Besoek op 2007-03-04. Artikel en land/veld-beheer deur middel van brande. Die teenwoordigheid van die inwoners blyk seisoenaal of migrerend te gewees het. Daar is ook tekens van kannibalisme, omdat verbrande en gekerfde bene van "moderne mense" saam met ander voedselafval weggegooi is.
Daar word steeds gedebatteer of die inwoners se gedrag dié van moderne mense was of nie.
Verwysings
Eksterne skakels Voorgeskiedenis van Suid-Afrika Klasiesriviergrotte deur K. Kris Hirst by "About Archaeology" Foto's van Klasiesrivier-materiaal by die Suid-Afrikaanse Museum
Kategorie:Argeologiese vindplekke in Suid-Afrika Kategorie:Evolusie Kategorie:Homofossiele