Siries (ܠܫܢܐ ܣܘܪܝܝܐ Leššānā Suryāyā; [/lɛʃʃɑːnɑː surjɑːjɑː/]) is 'n dialek van Aramees wat op 'n vroeëre stadium dwarsdeur die Midde-Ooste gepraat is. Die taal is lid van die Noordwes-Semitiese taalfamilie.
duimnael|links|Leššānā Suryāyā geskryf in die Siriese alfabet Siries het 'n kulturele en literêre invloed op die ontwikkeling van Arabies gehad wat dit in die 14de eeu n.C. vervang het. Siries word nog as die liturgiese taal deur Siriese kerke in die Midde-Ooste en Indië gebruik. Dit word ook as 'n minderheidstaal in Irak erken.
'n Moderne herlewing het beperkte sukses opgelewer, insluitend die skepping van Siriese koerante. Die taal word ook in sommige Assiriese skole in Indië, Israel, Irak en Swede geleer.
Dit word in die Siriese alfabet geskryf wat regstreeks van die Aramese alfabet afgelei is.
Verwysings
Eksterne skakels
Beth Mardutho – The Syriac Institute
Kategorie:Semitiese tale Kategorie:Tale van Irak Kategorie:Tale van Sirië