27 April is die 117de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (118de in skrikkeljare). Daar volg nog 248 dae.
Gebeure 1124 – David van Skotland word koning. 1296 – Die Skotte word by die Slag van Dunbar verslaan. 1509 – Pous Julius II skors die Italiaanse staat van Venesië. 1521 – Ontdekkingsreisiger Ferdinand Magellan word in die Filippyne vermoor. 1565 – Cebu City word gevestig as die eerste Spaanse kolonie die Filippyne. 1570 – Pous Pius V publiseer die bul Regnans in Excelsis waarin hy Elizabeth I van Engeland ekskommunikeer. 1667 – John Milton verkoop die kopiereg van Paradise Lost vir £10. 1773 – Die Britse parlement neem die Teewet aan om die Oos-Indiese maatskappy te red deur hul 'n monopolie te gee in die Noord-Amerikaanse teemark. 1805 – Berbers en Amerikaanse Vlootsoldate val Derna in Tripoli aan. 1813 – Oorlog van 1812: Die Verenigde State se troepe neem die hoofstad Ontario, van York oor (tans Toronto, Ontario). 1840 – Grondsteen van Paleis van Westminster, Londen word deur die vrou van Heer Charles Barry gelê. 1843 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word aartsbiskop van Damietta. 1861 – VSA-president Abraham Lincoln skort die habeas corpus bevelskrif op. 1865 – Ongeveer 1 700 mense, meestal Andersonville tronkgevangenes, sterf na die Sultana stoomskip ontplof en sink in die Mississippirivier. 1908 – Die Olimpiese Somerspele van 1908 begin in Londen. 1909 – Die sultan van Turkye Abdul Hamid II word omvergewerp, en deur sy broer Murat V opgevolg. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe beset Athene. 1947 – Babe Ruth-dag word gevier in die Yankee Stadion. 1950 – Apartheid: In Suid-Afrika word die Wet op Groepsgebiede goedgekeur en rasse word formeel geskei. 1960 – Togo verkry onafhanklikheid van Frans-geadministreerde VN beheer. 1961 – Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. 1967 – Expo '67 open in Montréal (Québec). 1981 – Xerox PARC kondig die rekenaarmuis aan. 1986 – Captain Midnight (John R. MacDougall) kaap HBO se satelliet en saai sy eie boodskap na die kykers van HBO uit. 1992 – Serwië en Montenegro stig die Bondsrepubliek Joego-Slawië. 1994 – Vryheidsdag ingestel na afloop van die eerste Suid-Afrikaanse demokratiese verkiesing op hierdie dag. Nelson Mandela, verkies tot president onder ANC leierskap, volg FW de Klerk onder NP leierskap op. 1997 – Andrew Cunanan vermoor Jerffrey Trail, en begin 'n moordtog wat duur tot Julie en eindig met die moord van mode-ontwerper Gianni Versace. 2005 – Eerste vlug van ’n Airbus A380 toegerus met Rolls-Royce Trent 900 enjins by die lughawe van Toulouse. 2014 – Pous Johannes XXIII en Pous Johannes Paulus II word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
Geboortes 1759 – Mary Wollstonecraft, Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte († 1797). 1791 – Samuel Morse, uitvinder van Morse-kode († 1872). 1820 – Herbert Spencer, Engelse filosoof († 1903). 1822 – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State († 1885). 1830 – Gordon Sprigg, voormalige eerste minister van die Kaapkolonie († 1913). 1885 – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid († 1953). 1888 – Florence La Badie, Amerikaanse pionier aktrise († 1917). 1891 – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis († 1953). 1897 – Chris Blignaut, Afrikaanse sanger († 1974). 1902 – Dr. Hendrik Johannes van Eck, Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar († 1970). 1908 – Arthur Bleksley, Suid-Afrikaanse wetenskaplike († 1984). 1922 – Jack Klugman, Amerikaanse akteur († 2012). 1927 – Coretta King, burgerregte-aktivis en weduwee van die prediker Martin Luther King 1932 – Pik Botha, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Buitelandse Sake († 2018). 1932 – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar († 2020). 1939 – João Bernardo Vieira, voormalige president van Guinee-Bissau († 2009). 1942 – Waleri Poljakof, Russiese ruimtevaarder, rekordhouer vir langste ruimtesending. 1946 – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter († 2017). 1965 – Anna Chancellor, Engelse aktrise. 1967 – Koning Willem-Alexander van die Nederlande. 1979 – Sally Hawkins, Engelse aktrise en skryfster. 1981 – Dang Ye-seo, genaturaliseerde Suid-Koreaanse tafeltennisspeler. 1987 – Johannes Radebe, Suid-Afrikaanse danser en choreograaf.
Sterftes 1124 – Koning Alexander I van Skotland (* circa 1078). 1404 – Koning Philip III van Frankryk (* 1342). 1521 – Ferdinand Magellan, Portugese ontdekkingsreisiger (* 1480). 1605 – Pous Leo XI, die 232ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1535). 1882 – Ralph Waldo Emerson, Amerikaanse skrywer (* 1803). 1891 – Joachim Oppenheim, skrywer en rabbi (* 1832). 1894 – Charles Laval, Franse skilder (* 1862). 1972 – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid (* 1909). 1985 – Stefan Meiring Naudé, bekroonde Suid-Afrikaanse fisikus (* 1901). 1992 – Olivier Messiaen, Franse komponis (* 1908). 1995 – Willem Frederik Hermans, Nerderlandse skrywer (* 1921). 2007 – Mstislav Rostropovich, Russiese musikus (* 1927). 2009 – Tomohiko Ikoma, Japannese sokkerspeler (* 1932). 2011 – David Wilkerson, Amerikaanse predikant, evangelis en skrywer (* 1931). 2015 – Suzanne Crough, Amerikaanse aktrise (* 1963). 2023 – Jerry Springer, Amerikaanse televisieaanbieder (* 1944). 2025 – Pieter Naudé, Afrikaanse sanger (* 1968). 2025 – Cora Sue Collins, Amerikaanse aktrise (* 1927). 2026 – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse koloratuursopraan (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Koninkryk van die Nederlande – Koningsdag (sedert 2014). Suid-Afrika: Vryheidsdag.
Kategorie:April