24 Junie is die 175ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (176ste in skrikkeljare). Daar volg nog 190 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1245 – Pous Innocentius IV roep die dertiende algemene konsilie bymekaar in Lyon. 1314 – Slag van Bannockburn: Skotse magte onder leiding van Robert the Bruce verslaan Eduard II van Engeland wat lei tot Skotland se onafhanklikheid. 1441 – Eton-kollege word gestig. 1445 – Annnibale I leier van 'n opstand teen Pous Eugenius IV word vermoor. 1478 – Las Palmas, 'n hoofstad van die Kanariese Eilande, word gestig deur Juan Rejón, hoof van die invallende Spaanse leër. 1497 – John Cabot land in Noord-Amerika. 1509 – Hendrik VIII word as Koning van Engeland gekroon. 1597 – Die eerste Nederlandse reis na Oos-Indië bereik Bantam, Java. 1662 – Nederland misluk in 'n aanslag om Macau te verower. 1664 – Die kolonie New Jersey word gestig. 1692 – Kingston op Jamaika word gestig. 1793 – Die eerste republikeinse grondwet word in Frankryk aanvaar. 1812 – Napoleon Bonaparte val Rusland in. 1821 – Slag van Carabobo: Simón Bolívar verslaan die Spanjaarde. 1859 – In die Slag van die Drie Heersers in Solferino, verslaan Sardinië en Frankryk vir Oostenryk in die noorde van Italië. 1861 – Tennessee word die 11de deelstaat om van die Verenigde State af te skei. 1880 – Eerste uitvoering van O Canada, later die volkslied van Kanada, by die Congrès national des Canadiens-Français. 1894 – Die Internasionale Olimpiese Komitee besluit om die Olimpiese Spele elke vier jaar te hou. 1901 – Eerste vertoning van Pablo Picasso se werk. 1913 – Griekeland en Serwië herroep hul alliansie met Bulgarye. 1915 – 800 mense sterf nadat die stoomskip Eastland in Chicago omkantel. 1916 – Mary Pickford word die eerste filmster om 'n kontrak van 'n miljoen Amerikaanse dollar te kry. 1932 – 'n Militêre staatsgreep beëindig die mag van die koning van Siam (Thailand). 1939 – Siam verander sy naam in Thailand (terugverander in 1945). 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk en Italië teken 'n wapenstilstand. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse magte verower Vilnius, Litaue, Brest-Litovsk en Kaunas. 1948 – Die Sowjetunie begin die Berlynse blokkade deur oorlandse beweging na Wes-Berlyn te keer. 1963 – Zanzibar verkry interne selfregering van die Verenigde Koninkryk. 1995 – Die Springbokke klop die All Blacks in die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Ellispark in Johannesburg met 15–12 en wen daarmee die Webb Ellis-beker vir die eerste keer. 2017 – Die elfde Vrouekrieketwêreldbeker begin in Engeland. 2022 – Roe v. Wade: Die 1973-mylpaalbeslissing oor aborsie in die Amerikaanse Hooggeregshof word omvergewerp.
Geboortes 1519 – Theodore Beza, teoloog, opvolger van Johannes Calvyn as leier van die Protestante in Genève. 1777 – John Ross, ontdekkingsreisiger († 1856). 1795 – Ernst Heinrich Weber, fisioloog († 1878). 1803 – George James Webb, komponis. 1842 – Ambrose Bierce, skrywer († 1914). 1888 – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek († 1964). 1895 – Jack Dempsey, bokser († 1983). 1901 – Harry Partch, komponis († 1974). 1904 – Phil Harris, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en akteur († 1995). 1908 – Alfons Rebane, Estlandse kolonel († 1976). 1909 – David Rose, komponis († 1990). 1911 – Juan Manuel Fangio, Argentynse motorrenjaer († 1995). 1915 – Fred Hoyle, kosmoloog en skrywer († 2001). 1916 – John Ciardi, Amerikaanse digter, vertaler en etimoloog († 1986). 1917 – David Easton, Kanadeesgebore Amerikaanse politieke wetenskaplike († 2014). 1917 – Al Molinaro, Amerikaanse akteur († 2015). 1939 – Brigitte Fontaine, Franse sangeres. 1941 – Julia Kristeva, Franse psigoanalis en skrywer. 1944 – Jeff Beck, Britse musikant († 2023). 1946 – Ellison Onizuka, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986). 1947 – Peter Weller, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1958 – Jean Charest, Kanadese prokureur en politikus, 5de adjunkpremier van Kanada. 1960 – Carel du Plessis, Springbokrugbyspeler en -afrigter. 1965 – Richard Lumsden, Engelse akteur, skrywer, musikant. 1966 – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise, skryfster en regisseuse († 2006). 1978 – Shunsuke Nakamura, Japannese sokkerspeler. 1979 – Mindy Kaling, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1980 – Minka Kelly, Amerikaanse aktrise. 1985 – Vernon Philander, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1987 – Lionel Messi, Argentynse sokkerspeler, FIFA-wêreldbekerkampioen in 2022.
Sterftes 1637 – Nicolas-Claude Fabri de Peiresc, Franse sterrekundige, oudhedekenner en geleerde (* 1580). 1712 – Simon van der Stel, Nederlandse ontdekkingsreisiger en goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1639). 1795 – William Smellie, opsteller van die eerste Encyclopædia Britannica (* 1740). 1846 – Jan Frans Willems, Vlaamse skrywer, digter en vader van die Vlaamse Beweging (* 1793). 1908 – Grover Cleveland, 22ste en 24ste President van die Verenigde State (* 1837). 1968 – Eric Louw, diplomaat en politikus (* 1890). 1984 – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler (* 1901). 1990 – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer (* 1909). 2002 – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger (* 1921). 2020 – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor (* 1925). 2020 – Nigel Weiss, Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige (* 1936). 2025 – C. Johan Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer, rekenmeester en toergids (* 1956). 2026 – Ann Blyth, Amerikaanse aktris en Oscar pryswenner (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Katolieke feesdag van Johannes die Doper. Fête nationale du Québec. Bannockburndag in Skotland. Betaaldag in Engeland.
Verwysings
Kategorie:Junie