25 Junie is die 176ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (177ste in skrikkeljare). Daar volg nog 189 dae in die res van die jaar.

Gebeure 253 – Pous Lucius I volg Pous Cornelius op. 1080 – Die sinode van Brixen kies Wibert van Ravenna as Pous Clemens III. 1439 – Die konsilie van Basel veroordeel Pous Eugenius IV as ketter. 1447 – Casimir IV, groothertog van Litoue, word koning van Pole. 1530 – Die Ausburg belydenis word op die ryksdag in Ausburg aan keiser Karel V gegee. 1706 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word kardinaal-priester van S. Susanna. 1788 – Virginië word die 10de deelstaat van die Verenigde State. 1827 – Pous Leo XII stel Ignazio Nasalli, titulêr aartsbiskop van Cyrrhus en Joachim-Jean-Xavier d'Isoard, dekaan van die Heilige Roomse Rota aan as kardinale. 1876 – Slag van Little Bighorn-river: George Armstrong Custer se laaste geveg. 1910 – Die première van Igor Strawinski en Michel Fokine se 'The Firebird' by die Paryse Opera. 1943 – Smith-Conally anti-stakingswet in die VSA Kongres aanvaar. 1947 – Die Boeing B-50 Superfortress onderneem sy nooiensvlug. 1950 – Die Korea-oorlog begin. 1975 – Mosambiek kry sy onafhanklikheid van Portugal. 1983 – Indië klop Wes-Indië in die eindstryd met 43 lopies en wen sodoende die derde Krieketwêreldbeker in Engeland. 1991 – Beide Kroasië en Slowenië verklaar hulle onafhanklikheid van Joego-Slawië, maar albei word op 27 Junie deur Joego-Slawiese magte aangeval, waarmee die Joego-Slawiese Oorloë begin. 1993 – Kim Campbell word verkies tot leier van die Progressiewe konserwatiewe party van Kanada en word die eerste vroulike Eerste minister van Kanada. 1996 – Die Khobar Towers-bomaanval in Saoedi-Arabië laat 19 VSA-soldate dood. 1998 – Microsoft Windows-98 word vrygestel. 2019 – Die Nederlandse elektriese- voertuigmaatskappy Lightyear het 'n prototipe van sy eerste model onthul – 'n sonkrag-elektriese motor met die naam 'Lightyear One' met 'n beweerde reikafstand van 725 km. 2022 – Gaboen en Togo word onderskeidelik die 55ste en 56ste lid van die Britse Statebond.

Geboortes 1852 – Antoni Gaudí, argitek († 1926). 1886 – Henry H. Arnold, Amerikaanse generaal in beide die Amerikaanse Leër en Amerikaanse Lugmag († 1950). 1887 – George Abbott, Amerikaanse regisseur, skrywer en vervaardiger († 1995). 1894 – Hermann Oberth, Duitse fisikus en ingenieur († 1989). 1900 – I.D. du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter († 1981). 1900 – Georgia Hale, Amerikaanse stilfilmaktrise († 1985). 1900 – Louis Mountbatten, Britse staatsman en vlootoffisier († 1979). 1903 – George Orwell (nom de plume van Eric Arthur Blair), skrywer en kritikus († 1950). 1903 – Anne Revere, Amerikaanse aktrise († 1990). 1914 – Mavis Pugh, Britse aktrise († 2006). 1915 – Peter Lind Hayes, Amerikaanse akteur († 1998). 1920 – Lassie Lou Ahern, Amerikaanse aktrise († 2018). 1924 – Sidney Lumet, Amerikaanse regisseur, skrywer en vervaardiger († 2011). 1925 – June Lockhart, Amerikaanse aktrise. 1926 – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skryfster († 1973). 1928 – Seki Matsunaga, Japannese sokkerspeler († 2013). 1937 – Keizō Obuchi, Eerste minister van Japan († 2000). 1939 – William Smith, Suid-Afrikaanse wetenskap- en wiskunde-onderwyser, bekend op televisie († 2024). 1940 – Mary Beth Peil, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1942 – Patricia Brake, Engelse aktrise († 2022). 1945 – Carly Simon, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer. 1949 – Brigitte Bierlein, 'n Oostenrykse juris en politikus († 2024). 1956 – Anthony Bourdain, Amerikaanse akteur en komediant († 2018). 1961 – Ricky Gervais, Engelse komediant, akteur, regisseur, sanger. 1963 – George Michael, Britse popster en vervaardiger († 2016). 1963 – Yann Martel, Spaanse-Kanadese skrywer. 1963 – John Benjamin Hickey, Amerikaanse akteur. 1964 – Danie Botha, Afrikaanse sanger wat veral geestelike liedere sing. 1975 – Wladimir Kramnik, Russiese skaakkampioen. 1979 – Busy Philipps, Amerikaanse aktrise. 1996 – Pietro Fittipaldi, Brasiliaans-Amerikaanse renjaer. 1997 – Curwin Bosch, heelagter van die Springbokke en Sharks in Superrugby. 2006 – Mckenna Grace, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 1533 – Maria Tudor, koningin van Frankryk (* 1496). 1696 – Clamor Heinrich Abel, 'n Duitse komponis (* 1634). 1799 – Asada Goryu, Japannese sterrekundige (* 1734). 1822 – E.T.A. Hoffmann, Duitse komponis (* 1776). 1861 – Abdülmecid I, Ottomaanse sultan (* 1823). 1863 – Johann Karl Ehrenfried Kegel, Duitse landbouwetenskaplike en ontdekkingsreisiger (* 1784). 1892 – Iwan Tsjerski, Pools-Russiese geoloog en geograaf (* 1845). 1964 – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek (* 1888). 1984 – Michel Foucault, Franse filosoof (* 1926). 1997 – Jacques Cousteau, Franse oseanograaf (* 1910). 1999 – William Sage Rapson, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse-chemikus (* 1912). 2009 – Farrah Fawcett, Amerikaanse aktrise (* 1947). 2009 – Michael Jackson, Amerikaanse sanger (* 1958). 2012 – Hennie Smit, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928). 2015 – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur (* 1922). 2016 – Wille Martin, Afrikaanse skryfster (* 1934). 2016 – Adam Small, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1936). 2018 – David Goldblatt, 'n Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1930). 2021 – Petra Müller, 'n Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Gepubliseer Teologie 1766 – Quam graviter, Aan Franse biskoppe om te kla oor 'n Franse regeringsbesluit - deur Pous Clemens XIII. 1768 – Accedamus cum fiducia, Proklamasie van 'n universele jubileum vir alle Christene - deur Pous Clemens XIII. 1834 – Singulari Nos, Oor die foute van Lammenais - deur Pous Gregorius XVI.

Kategorie:Junie