23 Junie is die 174ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (175ste in skrikkeljare). Daar volg nog 191 dae in die res van die jaar.

Gebeure 964 – Pous Benedictus V word afgeset en na Duitsland verban. 1314 – Slag van Bannockburn: die Skotte onder leiding van Robert I ("The Bruce") verslaan die Engelse. 1419 – Teenpous Johannes XXIII onderwerp hom aan Pous Martinus V. 1314 – Slag van Bannockburn; die Skotte onder leiding van Robert I (‘The Bruce’) verslaan die Engelse. 1653 – Pous Innocentius X stel Carlo Barberini aan as kardinaal. 1738 – Pous Clemens XII stel Domenico Silvio Passionei, titulêr aartsbiskop van Efese aan as kardinaal. 1777 – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan waaronder Bernardino Honorati, titulêr aartsbiskop van Side. 1796 – Pous Pius VI sluit ’n wapenstilstand met die Franse te Bologna. 1834 – Pous Gregorius XVI stel nege nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppe della Porta Rodiani, titulêre patriarg van Konstantinopel. 1894 – Die Internasionale Olimpiese Komitee word in die Sorbonne in Parys, Frankryk gestig. 1961 – Die Antarktiese verdrag word gesluit. 1978 – Agt Britse sendelinge en vier kinders word vermoor by die Elim-sendingstasie naby Umtali, Rhodesië. 1979 – Wes-Indië klop Engeland in die eindstryd met 92 lopies en wen sodoende die tweede Krieketwêreldbeker in Engeland. 1985 – Air India-vlug 182 word deur 'n terroristebom 9 500 m bo die Atlantiese Oseaan, suid van Ierland, opgeblaas. 2013 – Indië wen die eindstryd van die sewende Kampioenetrofee in Engeland en Wallis met vyf lopies (D/L-metode) teen Engeland. 2021 – Nieu-Seeland verslaan Indië met agt paaltjies in die eindstryd van die eerste Wêreldtoetskampioenskap op die Rose Bowl in Southampton.

Geboortes 1534 – Oda Nobunaga, Japannese daimyō en een van die leidende figure in die Sengoku-tydperk († 1582). 1763 – Joséphine de Beauharnais, keiserin van Frankryk († 1814). 1877 – Norman Pritchard, Indies-Engelse hekkiesatleet en akteur († 1929). 1894 – Alfred Kinsey, Amerikaanse bioloog en entomoloog († 1956). 1894 – Edward VIII van die Verenigde Koninkryk († 1972). 1910 – Jean Anouilh, Franse dramaturg en toneelskrywer († 1987). 1912 – Alan Turing, Britse wiskundige en rekenaarwetenskaplike († 1954). 1916 – Irene Worth, Amerikaanse aktrise († 2002). 1917 – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer († 1982). 1925 – Miriam Karlin, Engelse aktrise († 2011). 1927 – Bob Fosse, Amerikaanse akteur, danser, choreograaf († 1987). 1930 – Donn F. Eisele, Amerikaanse kolonel, toetsvlieënier en ruimtevaarder († 1987). 1943 – James Levine, Amerikaanse dirigent en pianis († 2021). 1945 – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier († 2005). 1947 – Bryan Brown, Australiese akteur en vervaardiger. 1952 – Robert D. Kaplan, Amerikaanse skrywer oor buitelandse beleid. 1957 – Frances McDormand, Amerikaanse aktrise, wenner van die "Triple Crown of Acting". 1963 – Liu Cixin, Chinese wetenskapfiksieskrywer. 1969 – Martin Klebba, Amerikaanse akteur, vervaardiger en waaghals. 1970 – Yann Tiersen, Franse sanger-liedjieskrywer en kitaarspeler. 1972 – Selma Blair, Amerikaanse aktrise. 1972 – Zinedine Zidane, afgetrede Franse sokkerspeler. 1974 – Joel Edgerton, Australiese akteur. 1980 – Melissa Rauch, Amerikaanse aktrise. 1980 – Francesca Schiavone, Italiaanse tennisspeler. 1982 – Kirsten Neuschäfer, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat spesialiseer in hoë breedtegraad en avontuurvaart. 1986 – Christy Altomare, Australiese akteur en sanger-liedjieskrywer. 1986 – Salwan Momika, Irakse aanhitser tot godsdienshaat teen Islam († 2025).

Sterftes 79 – Titus Flavius Vespasianus, keiser van die Romeinse Ryk (* 9). 1893 – Sir Theophilus Shepstone, Brits-gebore Suid-Afrikaanse politikus (* 1817). 1905 – Samuel Merrill Woodbridge, Amerikaanse geestelike, teoloog, skrywer (* 1819). 1946 – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms (* 1872). 1981 – Zarah Leander, Sweedse aktrise en sangeres (* 1907). 1985 – P.K. le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1904). 1986 – M.I. Finley, Amerikaans-gebore Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer (* 1912). 1995 – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof (* 1914). 1998 – Maureen O'Sullivan, Iersgebore Amerikaanse aktrise (* 1911). 2011 – Peter Falk, Amerikaanse akteur (* 1927). 2012 – Brigitte Engerer, Franse pianis (* 1952). 2013 – Darryl Read, Engelse sanger-liedjieskrywer en akteur (* 1951). 2015 – Dick Van Patten, Amerikaanse akteur (* 1928).

Vakansies, vierings- en waarnemingsdae Ou Letland – Jani.

Kategorie:Junie