Cordia is 'n genus van kruidagtige plante wat hoort tot die familie Boraginaceae. Die blare van die agt spesies pieringbessies ruik na gesnyde gras wanneer hulle gekneus word. Die vrugte is kenmerkend vlesig met een saad en word gedeeltelik of volkome omring deur 'n blywende, vergrote kelk.
Spesies Boomspesies Grootblaarpieringbessie (Cordia africana) Growweblaarpieringbessie (Cordia ovalis) Septeeboom (Cordia afra)
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika