Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roemene.

duimnael|links|Verspreiding van Roemeense dialekte in Roemenië en Moldowa duimnael|links|Wêreldwye verspreiding van Roemeens: Roemeens (română, limba română [ˈlimba roˈmɨnə] , soms ook Dakoroemeens genoem) maak deel uit van die ondergroep van die Balkanromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die meerderheids- en ampstaal van Roemenië en Moldowa.

In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word.

Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkse tale, Nieu-Grieks, Albanees, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is; 'n fonetiese spelling wat danksy die groot aantal klinkers baie ooreenkomste met Italiaans toon en van Roemeens in akoestiese opsig die mees presiese van alle Romaanse tale maak; die gebrek aan 'n vaste woordaksent; die gebruik van die bepaalde lidwoord as agtervoegsel (net soos in die aangrensende, nie-Romaanse Bulgaars) en die bewaring van 'n onsydige naas die manlike en vroulike geslag, net soos in Latyn.

Roemeens word oorwegend met die Latynse alfabet geskryf, net in die omstrede gebied van Transnistrië word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Grammatika Sien: Roemeense Grammatika

Die Roemeense taal het 5 Naamvalle: Nominatief, Akkusatief, Genitief, Datief, en Vokatief. In praktyk neem dit drie vorms: Nominatief-Akkusatief, Genitief-Datief, en Vokatief wat selde gebruik work. Buiten naamvalle inflekteer nommer (Enkelvoud en Meervoud) ook Naamwoorde en Byvoeglike naamwoorde. In kontras met meeste Roemeense tale, het die Roemeense taal 3 grammatiese, nie net 2 nie (dit word beweer dat Roemeens die enigte Roemeense taal is met die onsydige geslag). Die Roemeense taal is uniek onder Roemeense tale vir die gebruik van Affikse direk na die selfstandige naamwoord om die bepaalde lidwoord aan te dui (byvoorbeeld, lup [wolf] word lupul [die wolf]).

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Berg Athos Kategorie:Gagaoesië Kategorie:Romaanse tale Kategorie:Tale van Bulgarye Kategorie:Tale van Griekeland Kategorie:Tale van Hongarye Kategorie:Tale van Israel Kategorie:Tale van Moldowa Kategorie:Tale van Oekraïne Kategorie:Tale van Roemenië Kategorie:Tale van Serwië Kategorie:Transnistrië Kategorie:Vojvodina